Verlede week het ek op Pinterest die mooiste koekies gesien wat met ’n koekiestempel versier is. Om van hierdie stempels in die hande te kry, is ’n probleem. Jy moet dit aanlyn bestel en met ons wisselkoers kan dit nogal duur word. By verdere ondersoek kom ek toe af op ’n webwerf – goed vir kinders om by die huis te maak. Ek lees toe oor soutdeeg en besluit ek gaan probeer om vir my koekiestempels te maak.
Jy gooi 250 ml sout en 280 g (500 ml) koekmeel in ’n mengbak. Meng met ’n houtlepel en voeg sowat 187 ml (driekwart koppie) koue water by. Meng goed tot deeg vorm. Haal die mengsel uit mengbak en knie tot baie glad en elasties.
Een ding wat jy moet weet, ná al die geknie gaan jou hande ’n baie sout maak hê. So moet nie sommer jou vingers aflek nie. Rol die deeg uit tot so 1 cm dik en sny die grootte wat jy wil hê uit met ’n koekieuitdrukker.
Nou begin die pret. Ek het sosatiestokkies, ’n mes en klein hartjie- en stêruitdrukkers gebruik. Jy moet nou jou eie ontwerp bo-op die soutdeeg sirkels maak. Die een ding wat jy moet onthou is dat jy jou ontwerp redelik diep in die deeg moet maak. Ek het ronde balletjies ook gemaak en eenkant plat gesny. Dit gaan handvatsels wees. Plaas alles op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier.
Verhit jou oond tot 150 °C. Plaas in oond vir sowat 2 ½ uur tot alles kliphard gebak het. Haal uit en laat afkoel.
Plak die balletjies aan die onderkant van elke ontwerp vas met baie sterk gom. Laat droog word.
Gebruik jou gunsteling-koekieresep en druk die stempels op die deeg.
Sny uit met koekieuitdrukker.
Plaas jou koekies in oond en bak
The post Jy kan jou eie koekiestempel maak appeared first on SARIE.