Dis Internasionale Bakdag. Kry jou koekpanne en haal die klitser uit sodat ons kan bak!
Maar ai, die gebak lyk nie altyd so perfek soos op die foto nie. Dikwels maal die volgende vrae in jou kop: was dit ek, is die resep sleg, of kan ek net nie bak nie?
Hier is 5 algemene bakflaters
1. Die koek het met ’n knop in die middel gerys
Redes:
• Jou oond was nie op die regte temperatuur toe jy die koek ingesit het nie – dalk was die oond nog te koud.
• Jy het nie reg afgemeet nie en daar is te veel meel in die beslag.
2. Die onderkant van die koek het donker gebak
Redes:
• Jou pan is te groot en te diep, daarom raak die gebak nie bo-op bruin nie – en nou bak jy dit langer.
• Die pan is gebuig, wat dit dan oneweredig laat bruin bak.
3. Die koek val plat
Redes:
• Die oond se temperatuur is te laag.
• Jy was nuuskierig en het die oond oopgemaak terwyl die koek bak.
• Die koek is te vroeg uit die oond verwyder.
• Te veel suiker of rysmiddel.
• Nie genoeg meel in die beslag nie.
4. Die koek het ’n bros tekstuur
Redes:
• Die beslag is te veel gemeng.
• Te veel rysmiddel in die beslag – dit rys vining en vorm dan groot gate.
• Die baktemperatuur was te laag.
5. Die koek het diep krake op die oppervlak
Redes:
• Die baktemperatuur was te hoog.
• Die beslag was te styf: jy het dalk te min vloeistof of te veel meel ingegooi.
• Die koek het te gou gerys omdat daar te veel rysmiddel in beslag was.
The post 5 dinge wat verkeerd gaan met gebak, plus hoekom! appeared first on SARIE.