Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Die moeitevrye spyskaart is spesiaal saamgestel vir ’n ontspannende dag met vriende en familie. Nooi jou mense en sit maklike geregte voor wat jy vooraf kan klaarmaak sodat jy die dag saam met jou kuiergaste kan geniet.
As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marco Spaumer, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.
Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:
• Lus vir broodbak, maar nie tyd nie? Koop klaargemaakte deeg by jou supermark en gebruik dit vir die broodbakkie. Die geheim is om dit eers twee of drie keer te laat rys voor jy dit uitrol – dit gaan bruiner bak en meer geur hê.
• Wanneer jy steak of enige groot snitte vleis gaarmaak, is dit belangrik om die vleis te laat rus voor jy dit voorsit. Die vleis ontspan en raak dan meer sappig.
• As jy nie tyd het om labneh-kaas vir die voorgereg te maak nie, kan jy ook dik roomkaas in balle rol. Dit gaan ryker smaak, maar dit sal dieselfde lyk.
• As jy met kruie kook en die resep vra vir vars kruie, maar jy het net gedroogde kruie, moenie dit net so met dieselfde hoeveelheid droës vervang nie. Die smaak van gedroogde kruie is baie sterker en intenser as dié van varses.
• Plaas bosse vars kruie en klein skêrtjies op die tafel sodat gaste ekstra geur aan hul kos kan gee deur self takkies los te sny en in hulle kos te sit. Dek jou tafel só:
Wat is op die spyskaart? Lees hier!
Laai jou spyskaart HIER af.
Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons reeks.
Kry ook jou SARIESondag spyskaart en inkopie lys hier
The post Wenke vir #SARIESondag met geurryke, kleurryke kruie … appeared first on SARIE.