Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!
In dié aflewering van ons reeks deel ons vandag reeds die spyskaart en inkopielys sodat jy solank jou #SARIESondag kan beplan.
Dié week se #SARIESondag vier ons geurryk, kleurryk … kruie! Kruie is die parfuum van jou kombuis, en vir elke krui is daar ’n kos-pasmaat. Gebruik dit reg en jy is verseker van hemelse geure en ’n smaaklike ete.
Kry ook jou SARIESondag wenke hier.
As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marco Spaumer, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinneringe.
Blaai deur die galery vir die resepte vir jou #SARIESondag.
Inkopielys
Vleis
4 groot sirloinsteaks (vra jou slagter om die been aan te los)
Suiwel
1 liter Griekse volroomjogurt (dubbeldik), 1 x 250 ml-houer dubbeldik-room
Kruie en geur
10 g koljander, 6 takkies roosmaryn, 1 x 30 g-pakkie grasuie, 1 hand vol vars basiliekruid, 1 hand vol kruisementblare
Vars vrugte en groente
8 patats, 3 suurlemoene, 24 stukke babagroente (mengsel van klein wortels, radyse, sprietuie), 2 x 400 g-pakkies bevrore aarbeie,
Ander
1 x 240 g-houer hoemoes, 350 ml basiliepesto, 250 ml mayonnaise, 6 ansjovisfilette, 1 m melkdoek (moeseliendoek, kyk by materiaalwinkels)
Reeds in jou spens
Botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie (genoeg vir diepbraai), olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel
The post #SARIEsondag kuier met geurryk, kleurryk … kruie appeared first on SARIE.