Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Herman se hertzog-koek

$
0
0

Ons ken almal die klassieke hertzoggie gemaak van broskors, goeie appelkooskonfyt en sagte klapper-meringue-bolaag. Hier is net ’n groter weergawe – genoeg vir almal!

Koek

  • 8 eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 335 g (400 ml) strooisuiker
  • 300 g (535 ml) koekmeel

Bo-laag

  • 3 eierwitte
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 100 g fyn klapper
  • 250 ml goeie
  • appelkooskonfyt

1. Verhit oond tot 180 °C. Voer 3 x 30 cmkoekpanne met bakpapier uit. Spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas eiergele, vanielje en ⅓ van strooisuiker in ’n groot mengbak. Klits met elektriese handklitser op hoe spoed tot dik skuimerige mengsel. Plaas eierwitte in tweede mengbak en klits met skoon klitsers tot stywe punte vorm. Gooi res van strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Vou eiergeelmengsel by eierwit in, gevolg deur koekmeel.

stap 1

stap 1

 

 

 

 

 

 

2. Skep mengsel in spuitsak met 1 cm-tuit. Spuit mengsel in spiraalvorm onder in elke koekpan. Hierdie klassieke sponskoek maak staat op die eierwitte om te rys, daarom is daar geen rysmiddel in die resep nie. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en keer uit. Verhit oond se roosterelement.

stap 2

stap 2

 

 

 

 

 

 

Smeer ⅓ van appelkooskonfyt op een van die koeke. Plaas tweede koek bo-op en smeer nog ’n ⅓appelkooskonfyt op. Plaas laaste koek op bakplaat en smeer oorblywende appelkooskonfyt bo-op.

stap 3

stap 3

 

 

 

 

 

 

Klits eierwitte vir bolaag in skoon mengbak tot stywe punte vorm. Gooi strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Vou klapper in. Skep in spuitsak met 1 cm-tuit en spuit koek op bakplaat vol meringue-rosette. Plaas in warm oond vir 5 – 8 minute of tot meringue goudbruin is.

stap 4

stap 4

 

 

 

 

 

 

Versier so

Plaas twee lae koek met appelkooskonfyt op opdienbord met die hulp van ’n slaplemmes. Plaas koek met meringue-laag bo-op. Sit voor.

The post Herman se hertzog-koek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!