Terwyl ek deur die rakke van my gunsteling-supermark in die noordelike voorstede van Kaapstad stap, speel een van die vreeslikste rillerflieks in my kop af: ek gaan nooit weer met botter kan kook nie!
Ek gaan my tasse moet pak en emigreer na daar waar ek botter kan bekostig. Want sonder botter is my kombuis vaal en leeg. Dis net daar dat ek toe besluit om in my kar te klim en die goedkoopste botter te gaan soek. So hier is die resultate van 12 botters en hul pryse. Die goeie nuus? Ja, ons gaan steeds met botter kan kook.
Die pryse:
En die goedkoopste botter in die Kaap:
As jy hou van Ladismith se ikoniese botter, moet jy gaan draai by OK Foods Oakdale vir net R36,99 vir 500 g.
Shoprite in Bellville se Crystal Valley gaan beslis in jou mond smelt teen net R37,99 vir 500 g.
Terwyl Woolworths se botter op uitverkoping is, pak jou vrieskas vol – want teen net R29,99 vir 500 g is dit die winskopie van die week!
The post Botter se pryse sal nie in jou mond smelt nie! appeared first on SARIE.