Met net drie bestanddele wat die meeste van ons reeds in die kombuis het, bak jy hierdie heerlike koekies.
genoeg vir sowat 50 koekies
Verhit oond tot 180 °C. Voer twee bakplate uit met bakpapier. Plaas 250 ml Black Cat-grondboontjiebotter, 250 ml ligte bruinsuiker en 1 eier in ’n mengbak.
Roer goed met ’n houtlepel tot deeg vorm. Skep klein teelepels vol deeg in jou handpalm en rol in balletjies. Pak balletjies sowat 2 cm uitmekaar op voorbereide bakplaat. Druk plat met die agterkant van ’n vurk en sprinkel 5 ml soutvlokkies oor. Plaas in oond vir 6 – 8 minute. Haal uit en laat koekies afkoel op bakplaat.
Kyk ook
- Sjokolade-fudge-tert (in die mikrogolfoond)
- Kamma-pavlova met bessies, vye en framboossous
- Die heel maklikste sjokolade-mousse – met net 3 bestanddele
- Eenpot-pasta (in minder as 15 minute!)
The post Grondboontjiebotter-koekies – met net 3 bestanddele appeared first on SARIE.