Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Tiramisu-frambooskoek

$
0
0

Dis een van SARIE se gewildste koeke. Probeer hierdie bederf vir jou volgende teedrinkgeselligheid of Sondagmiddagete. Dekadent, heerlik en vol lente.

Genoeg vir 8 – 10 (23 cm-groot koek)
Yskastyd: verkieslik oornag

  • sowat 22 boudoir-koekies(sponsbeskuitjies)
  • 2 rolkoeke
  • 200 ml room
  • 4 eiergele
  • 60 g (75 ml) strooisuiker
  • 500 g mascarpone-kaas
  • 250 ml room
  • 700 g vars frambose
  • versiersuiker om oor te sif

Plaas die ring van ’n 20 cm-losboomkoekpan op jou opdienbord. Pak koekies styf en regop teen mekaar al om die rand. Sny rolkoeke in snye. Pak styf teen mekaar op die bodem. Sny van die snye rolkoek in stukke om die oop gate te vul. Klits 200 ml room styf met 15 ml van die strooisuiker en hou eenkant. Klits eiergele met ’n elektriese menger en voeg die res van die strooisuiker bietjie vir bietjie by. Klits tot lig en romerig. Voeg die mascarpone-kaas lepel vir lepel by terwyl die menger nog loop. Die mengsel moet styf wees – byna soos styfgeklopte room. Vou die styfgeklopte room met ’n groot metaallepel in. Skep die helfte van die mascarpone-vulsel boop die rolkoek. Sprinkel van die frambose oor en pak nog ’n laag gesnyde rolkoek. Skep res van mascarpone-vulsel bo-op. Sprinkel nog frambose bo-op. Plaas in yskas vir minstens 4 uur, of oornag. Haal uit en verwyder die ring van die losboompan. Klop die 250 ml room styf en skep bo-op. Sprinkel res van frambose bo-op en sif versiersuiker oor.

The post Tiramisu-frambooskoek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!