Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Chiffonkoek met Earl Grey-sjokolade

$
0
0

Sjef Nic van Wyk, beoordelaar van kykNET se Kokkedoor en Kokkedoortjie, onthou sy ouma Lina met ’n koppie Earl Grey-tee en goeie koek. Een van die mooiste koeke is ’n chiffonkoek. Geur witsjokolade met Earl Grey en jy het ’n nostalgiese wenner.

Nic onthou …

Watter vrou het jou kookkuns die meeste beïnvloed?

My ma, Mariaan, ’n spysenier. My pa, Frik, ’n rekenmeester, is mal oor lekker eet en ’n goeie bottel wyn. Ons het in Pretoria grootgeword en my ma het ons altyd aan goeie restaurante blootgestel, maar snaaks genoeg nooit tradisionele boerekos gemaak nie. Haar ma, ouma Lina, het wel. Ek het ook ’n suster en broer. En ons almal hou van kos.

Jou kleintyd-herinneringe aan kos?

My ma wat Earl Grey-tee uit ’n regte koppie drink en koek eet. My ouma Lina se boerekos. Sy is die begin van die jaar oorlede. Ek het eers later in my lewe besef dat ek so baie smake en geure van haar kos kan onthou omdat sy dit so lekker kon maak – aartappels met skaapnek en groenbone met baie witpeper, vars brood met varkvet, kerriesosaties, vars tamaties uit Oupa se tuin . . . kos was belangrik en daar was altyd te veel.

FOTO Michael Le Grange

Herman maak sy weergawe

genoeg vir 1 koek

• 12 ekstragroot eierwitte

• 3 ml sout

• 10 ml kremetart

• 500 g (960 ml) versiersuiker, gesif

• 280 g (500 ml) koekmeel, gesif

• 5 ml vanieljegeursel

Versiersel

• 150 ml melk

• 2 sakkies Earl Grey-tee

• 100 g witsjokolade

• 100 g donkersjokolade

Verhit oond tot 170 °C.  Plaas eierwitte, sout en kremetart in bak van ’n elektriese menger en klits tot sagte punte vorm. Voeg versiersuiker geleidelik by en klits tot blink, stywe mengsel, 5-8 minute. Vou meel en vanielje versigtig in met ’n groot metaallepel. Gooi beslag in ’n chiffonkoekpan van 3 500 ml. Moenie die pan met kleefwerende kossproei spuit of smeer nie, want die koek moet aan die pan vassit om te rys. Plaas in warm oond. Bak vir 40-45 minute of tot toetspen skoon uitkom en koek sponsagtig voel. Haal gaar koek uit oond en plaas pan onderstebo op ’n houtbord sodat die koek kan afkoel. Dis belangrik om die koek onderstebo neer te sit, anders gaan dit platval. Gebruik ’n slaplemmes en sny die koek versigtig van die pan los. Versier so Bring 50 ml van die melk tot kookpunt met die teesakkies en sit plaat af. Laat trek vir ’n paar minute. Druk al die geur uit die teesakkies en haal uit melk. Voeg witsjokolade by en smelt oor baie lae hitte tot gladde mengsel. Verhit res van melk, gooi oor donkersjokolade en roer tot gesmelt. Plaas afgekoelde koek op opdienbord. Gooi donker- en witsjokoladesous gelyk oor koek om ’n marmer-effek te vorm. Sit voor.

The post Chiffonkoek met Earl Grey-sjokolade appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!