Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Mielie-en-hoenderkerrie

$
0
0

Jy braai die mielies en maak dan kerrie daarmee.

genoeg vir 6

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 20 ml masala
• 20 ml borrie
• 45 ml kerriepoeier
• 18 ontbeende hoenderdye, in blokkies gesny
• 1 x 400 ml-blik klappermelk
• 4 mielies
• 1 hand vol vars koljander, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ’n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai 5 minute tot goudbruin. Voeg masala, borrie en kerriepoeier by. Braai nog 3 minute. Voeg hoender by en braai 5 minute of tot vleis begin verkleur. Gooi klappermelk by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 20 – 25 minute. Terwyl kerrie prut, verhit riffelpan tot warm en braai mielies tot goudbruin reg rondom – sowat 5 – 8 minute. Roer koljander en mieliepitte by gaar kerrie en geur goed met sout en peper. Sit warm voor.

The post Mielie-en-hoenderkerrie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!