Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Botterskorsie-pasta

$
0
0

Die groente word in die oond gebak – die een helfte word vir die sous verpulp en die ander helfte sorg vir tekstuur in die pasta.

genoeg vir 4

• 1 kg botterskorsie-stukke
• 60 ml olyfolie
• 20 ml geroosterde masala
• 2 brandrissies, gekap
• 20 ml heel komynsaad
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 400 g pasta van jou keuse
• 250 ml volroom-melk
• hand vol Italiaanse pietersielie, gekap

Verhit oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie op oondbraaiplaat en sprinkel olyfolie oor. Sprinkel masala, brandrissie en komyn oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in oond en bak 20 minute of tot botterskorsie sag en gaar is. Terwyl botterskorsie bak, kook pasta volgens aanwysings op pak. Verwyder botterskorsie uit oond en hou een helfte eenkant. Verpulp ander helfte saam met die melk tot romerige sous vorm. Voeg pietersielie by. Dreineer pasta en voeg heel botterskorsie-stukke en sous by pasta. Geur goed en meng deur. Garneer met vars basilie en vinkel. Sit warm voor.

The post Botterskorsie-pasta appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!