Rugby, krieket, Cape Epic. Dié naweek is daar groot sport. Wat beter as ’n smoothie met ’n skop, ook vir ons wat krag soek om die deelnemers uit die rusbank te ondersteun!
Proteïenbom
Die Proteïenbom is net reg as jy ’n energie-hupstoot nodig het.
(sowat 500 ml)
- 125 ml Bulgaarse jogurt
- 125 ml volroommelk
- 15 ml Milo
- 2 piesangs, in stukke gesny (vries die piesangs vir ’n dikker smoothie)
- 30 ml grondboontjiebotter
- 8 amandels
- 3 ysblokkies
Vir bo-op
- Nog ’n bietjie Milo
Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad. Gooi in glase en sprinkel ekstra Milo bo-oor.
The post Energie-smoothies vir jou sportnaweek appeared first on SARIE.