Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

’n Fees vir herfs: Minimalisties en elegant

$
0
0

Zalta Kelbrick se okkasie is eenvoudig maar elegant. ’n Lang wit tafeldoek bedek die tafel waaroor fynbos in ’n bos hang. Proteas en houtbeeldjies versier die tafel.

Zalta se spyskaart:

• Vark-en okkerneut-terrien
• Lamsrol met Jerusalem-hoemoes
• Pavlova-koek met rooiwyn-pere

VARK-EN-OKKERNEUT-TERRIEN

Die maklikste terrien wat jy kan maak en dit is heerlik as voorgereg by enige maaltyd!

• 1 x 250 g-pakkie strepiespek
• 800 g varkmaalvleis
• 60 ml brandewyn
• 1 ui, fyngekap
• 15 ml botter
• 200 ml rooiwyn
• 250 g Kasselse varktjops, fyngesny
• 250 g hoenderlewers
• 1 takkie roosmaryn, fyngekap
• 6 salieblare, fyngekap
• 5 ml neutmuskaat
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 100 g okkerneute
• 100 g droëappelkose fyngekap

Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 35 x 10 cm-broodpan eers met kleefplastiek en dan in die breedte met repies spekvleis uit. Hou oorblywende repies eenkant. Plaas die res van die bestanddele, behalwe die neute en appels, in ’n voedselverwerker. Pols dit teen ’n hoë spoed tot ’n gladde mengsel. Meng die neute en appelkose by. Skep die mengsel in die uitgevoerde broodpan. As daar spek oor is, pak dit bo-op.

Bedek die pan met foelie en plaas dit in ’n oondbak wat met warm water gevul is. Plaas in die warm oond en bak 90 minute. Haal die terrien uit en laat dit in die waterbad afkoel. Plaas oornag in die yskas. Sit voor met basiliepesto en agurkies.

LAMSROL MET JERUSALEM-HOEMOES

• 350 g droë kekerertjies
• 45 ml olyfolie
• 2 uie, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 2 wortels, in ringe gesny
• 4 stingels seldery, gekap
• 3 lourierblare
• 30 ml vinkelsaad
• 1 x 250 g-pakkie spek, gekap
• 1 ontbeende lamsblad, opgerol en met kombuistou vasgebind
• 2 x 400 g-blikke kersietamaties
• 250 ml beesaftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper

Jerusalem-Hoemoes

• 250 ml tahini-pasta
• 1 hand vol pietersielie, grofgekap
• 4 knoffelhuisies, gekap
• sap en skil van
• 2 suurlemoene
• 150 ml water
• goeie olyfolie vir voorsit

Aand voor die tyd: Verhit die oond tot 100 °C. Bedek die kekerertjies met koue water en laat oornag week. (Ja, ek weet dis moeite maar, glo my, jy gaan die verskil proe!) Verwarm die olyfolie in ’n groot pot. Voeg die uie, knoffel, wortels, seldery en lourierblare by en roerbraai 5 minute. Voeg die vinkelsaad en spek by en braai nog 5–8 minute of tot die spek begin verbruin. Plaas die lamsrol bo-op die groente. Voeg die tamaties en aftreksel by, geur baie goed met sout en peper, maak die pot toe en bak die rol oornag of sowat 8 uur lank in die louwarm oond

Volgende dag: Dreineer die geweekte kekerertjies, plaas dit in ’n skoon pot en geur met 5 ml sout. Bedek met water, bring tot kookpunt en kook sowat 30 minute tot sag. Dreineer en laat afkoel. Plaas die gaar kekerertjies saam met die tahini, pietersielie, knoffel en suurlemoensap en -skil in ’n voedselverwerker. Gooi die 150 ml water by en pols teen ’n hoë spoed tot ’n mooi gladde puree. Geur baie goed met sout en peper. Hou eenkant. Haal die vleisrol uit die pot, knip die toue los en breek die vleis in groot stukke. Skep die hoemoes op ’n groot opdienbord en smeer dit plat. Plaas die vleisstukke bo-op, skep die potsous oor en besprinkel met olyfolie. Sit voor met warm pitabrood.

PAVLOVA-KOEK MET ROOIWYN-PERE

• 8 eierwitte
• 250 g strooisuiker
• 200 g versiersuiker, gesif
• 25 g mielieblom, gesif

Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en klits die strooisuiker bietjie vir bietjie by totdat die mengsel styf is. Vou die versiersuiker en mielieblom versigtig in die meringue in. Voer ’n bakplaat met gesmeerde bakpapier uit. Trek 2 groot sirkels op die bakpapier en vul ’n spuitsak met die meringuemengsel. Spuit dan die buitekant van die sirkels met die meringue en skep daarna lepelsvol meringue in die binnekant om dit op te vul. Bak teen 120 ˚C vir 3 uur totdat die meringue heeltemal droog is. Laat heeltemal koud word in die oond.

Rooiwyn-pere

• 6 pere
• 1 bottel rooiwyn
• 110 g suiker
• 1 kaneelstok
• 2 ster-anys
• skil van een lemoen en suurlemoen
• 25 ml mielieblom

Skil die pere – hou die stingels aan – en plaas in water met ’n bietjie sout. Meng die mielieblom met ’n bietjie rooiwyn om ’n dun pasta te vorm. Bring die res van die rooiwyn, suiker, kaneel, ster-anys en skil in ’n groot kastrol tot kookpunt. Roer tot al die suiker opgelos is. Plaas die pere heel in die rooiwyn, bedek en laat kook vir ongeveer 25 minute tot sag (draai die pere nou en dan om).

Verwyder die pere uit die stroop en gooi die sous deur ’n sif. Gooi die sous terug in die kastrol. Voeg die mielieblom-mengsel by en kook stadig tot verdik. Gooi sous oor die pere en laat koud word. Om die pavlova bymekaar te sit klits 1 liter room styf.

Plaas die helfte van die geklitste room bo-op een meringue-sirkel. Plaas die ander meringue bo-op en skep die orige room oor. Sny die rooiwyn-pere in skywe en rangskik bo-op. Bedruip die pavlova met van die stroop.

Kyk voorskou hier:

The post ’n Fees vir herfs: Minimalisties en elegant appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!