Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

’n Fees vir moeders: Lig en spoggerig

$
0
0

Danielle Potgieter van Durbanville is ’n ma van drie.  Sy wil ’n ete hou waar sy en haar vriendinne wat ook moeders is saam kan fees vier en ontspan. Die tema is wit en groot bosse tulpe en wit bedlampies skep ’n spoggerige atmosfeer.

Danielle se wit-op-wit spyskaart.

• Blomkoolsop met amandel- en spekkrummels
• Seekos-paella
• Sjokolade-sop met vlierblomsorbet

BLOMKOOLSOP MET AMANDEL- EN SPEKKRUMMELS

genoeg vir 6 porsies

• 70 ml botter
• 15 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 6 sprietuie, fyngekap
• 2 klein koppe blomkool, grofgekap
• 250 ml melk
• 500 ml groente-aftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 g-pakkie gekapte spek
• 100 g gevlokte amandels
• 30 ml mosterdsaad
• 60 ml botter

Verhit botter en olyfolie tot matig warm in middelslag-kastrol. Voeg ui, knoffel en sprietuie by. Braai vir 2 minute. Stel hitte laer en sit deksel op. Laat ui in toe pot stowe vir 8 – 10 minute. Roer af en toe. Voeg blomkool by en roer. Sit weer deksel op en stowe vir nog 5 minute.

Voeg melk en aftreksel by en bring tot kookpunt. Laat kook vir 20 – 25 minute of tot blomkool sag en gaar is. Geur goed met sout en peper. Terwyl sop kook maak spek en amandel krummels: Verhit braaipan tot warm en droogbraai spekblokkies tot goudbruin en bros. Voeg amandel-vlokkies by en braai nog 1 minuut of tot amandels goudbruin is.

Verwerk in voedselverwerker tot gladde mengsel. Plaas mosterdsaad en 60 ml botter in middelslag-pot en bring dit oor lae hitte tot kookpunt. Laat stadig prut vir 2 – 3 minute of tot goudbruin. Skep sop in bakkies en skep bruin mosterdsaadbotter bo-oor. Sit voor met spekkrummels.

Wenk: Die geheim is om die ui lank en stadig in baie botter te braai.

SEEKOS-PAELLA

Die lekker ding van Paella is dat alles saam gaar gemaak word. Sit sommer jou paella-pan in die middel van die tafel en almal help hulself.

genoeg vir 6 porsies

• 30 ml olyfolie
• 1 rooi-ui, grofgekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 rooi soetrissie, in repe gesny
• 2 chorizo-worse, in skywe gesny
• 500 ml langkorrelrys
• 500 ml witwyn
• 20 ml borrie
• 30 ml paprika
• 2 lourierblare
• 1 blik (410 g) gekapte tamaties
• 1,5 liter hoender-aftreksel
• 400 g steurgarnale (prawns)
• 200 g mossels
• 5 tiemietakkies se afgestroopte blare
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• hand vol pietersielie, grofgekap

Verhit olyfolie in ’n paella-pan. Braai ui, knoffel en soetrissie saam vir sowat 2 minute. Voeg chorizo by en braai vir sowat 5 minute. Voeg rys by en braai vir sowat 5 minute. Gooi witwyn by en braai totdat wyn byna weggekook het. Voeg borrie, paprika, lourierblare en tamaties by. Voeg aftreksel met ’n groot soplepel by, lepel vir lepel. Roer nou en dan. Voeg steurgarnale, mossels en tiemie by so 10 minute voordat rys gaar is. Geur met sout en swartpeper. Wanneer steurgarnale pienk is, is hulle gaar. Sprinkel pietersielie oor.

SJOKOLADE-SOP MET VLIERBLOMSORBET

genoeg vir 6 porsies

Sorbet

• 350 ml jogurt
• 100 ml suiker
• 100 ml kookwater
• 100 ml vlierblom-stroop
• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

Sop

• 6 eiergele
• 100 g (120 ml) suiker
• 5 ml vanielje
• 600 ml melk
• 200 g witsjokolade, fyngekap

Plaas al die bestanddele vir die sorbet in voedselverwerker en maak op hoë spoed fyn tot gladde mengsel. Klits met draadklitser terwyl jy hande vol droë ys bygooi. Hou aan roer tot mengsel dik en romerig is en heeltemal gevries is. Hou aan roer tot al die rook van die droë ys verdwyn – sodra daar geen meer rook is nie, is al die ys verdamp. Skep balle vol van die roomys en sit voor.

Plaas eiergele, suiker en vanielje in mengbak. Klits tot goed gemeng. Verhit melk in middelslag-pot tot net onder kookpunt. Gooi bo-oor eiergeelmengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot. Roer oor lae hitte met houtlepel tot mengsel die agterkant van die lepel bedek, sowat 10 – 12 minute. Moenie mengsel laat kook nie, want dit sal skif. Gooi warmmengsel oor witsjokolade en roer tot glad. Sit sop voor met vlierblomsorbet.

 

Kyk voorskou hier:

The post ’n Fees vir moeders: Lig en spoggerig appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!