Heerlik lig, maklik én goedkoop! En die heel beste is – jy kan dit ook in die mikrogolfoond maak!
- 200 g Frey-donkersjokolade
- 2 x 380 g-blikke ingedampte melk
- 300 g malvalekkers
Plaas een blik ingedampte melk in die yskas. Smelt sjokolade en die ander blik se ingedampte melk saam oor lae hitte. Voeg malvalekkers by en smelt verder terwyl jy af en toe roer. Laat eenkant afkoel tot later benodig. (Jy kan die bestanddele op die stoof of in ’n mikrogolfoond smelt.)
Gooi die verkoelde blik ingedampte melk in bak van ’n elektriese menger. Klits op hoë spoed tot dik en skuimerig, sowat 3 minute.
Stel die menger op ’n stadiger spoed en voeg die sjokolade-malvalekkermengsel by. Verdeel mengsel in opdienbakkies en plaas in yskas vir minstens een uur. Die mengsel skei in twee lae, met ’n baie lekker tekstuur van skuim bo-op en sjokolade-jellie onder. Sit voor met styfgeklopte room en vars bessies van jou keuse.
Kyk ook hoe maak jy …
- spek-en-kaaswiele
- Herman se sjokoladekoek met ganache
- Eenpot-pasta (in minder as 15 minute!)
- Viëtnamese rolletjies
The post Die heel maklikste sjokolade-mousse – met net 3 bestanddele appeared first on SARIE.