Julle het dalk al die storie gelees van ’n Britse vrou, Michelle McGagh, wat ’n jaar lank die uitdaging aan haarself gestel het om niks behalwe net die nodigste te koop nie. Sy het in hierdie tyd met minder as £30 (sowat R500) per week klaargekom en teen die einde van die jaar ’n yslike £22 000 (R350 000) gespaar.
Maar dié ervaring het haar op die ou end veel ryker gemaak as net die ekstra geld in haar sak (sy het die geld in hul huisverband gesit). Dit het haar geleer hoe ’n eenvoudiger lewe haar gelukkiger kan maak. Lees haar merkwaardige verhaal HIER.
Hoe het sy dit gedoen?
Sy het onder meer op die volgende gespaar …
• Sy het fietsgery, eerder as om ’n motor of openbare vervoer te gebruik.
• Sy en haar vriende het by mekaar se huise gekuier eerder as om te gaan uiteet. Elkeen was dan verantwoordelik vir een gereg, ’n regte potluck-maal!
• Sy het op haarprodukte gespaar en haar man het haar hare geknip.
• En sy het ophou om kos by die werk te koop en dit eerder ingepak. Dít is mos slim!
Hier is ’n hele week se smaaklike inpak-eetgoed. Hoewel dit nie met ’n begroting in gedagte bymekaargesit is nie, is dit veel goedkoper as om dieselfde middagete iewers te gaan koop. En in sommige gevalle ook gesonder.
Pak in, spaar geld en geniet!
Maandag

FOTO Micky Hoyle
Dinsdag

FOTO Micky Hoyle
Woensdag

FOTO Micky Hoyle
BLT’s (Bacon, Lettuce & Tomato)
Donderdag

FOTO Micky Hoyle
Vrydag

FOTO Micky Hoyle
Mini-kaasburgers met groente-tjips
Lees nou
Jou spyskaart vir die week: Als binne 30 minute
Tyd vir ontspan en lekker eet met dié 3-bestanddeel-spyskaart
The post Pak kos in vir werk en spaar hope! appeared first on SARIE.