Dis vandag, 24 Februarie, Wêreld-kroegmandag, en dít sit ons sommer in die bui om self barman te speel. En as jy moeiliker cocktail-resepte probeer, mag jy jouself sommer ’n mixologist doop!
Waar kom die woord “cocktail” vandaan?
• Die woord “cocktail” is glo die eerste keer in die vroeë 1800’s gebruik. Oor die ontstaan van die woord is daar verskeie teorieë. Een lui daar is na vatkrane as “cocks” verwys, terwyl “tails” die laaste bietjie drank onderin die vate was. Wanneer die vate amper leeg was, het die taverne-eienaars alles saamgevoeg en aan hul klante as “cock tailings” verkoop.
• In New Orleans is spiritualieë soms voorgesit in ’n eierkelkie wat ’n “coquetier” genoem is. Dié woord het later “cocktail” geword, sê ’n ander teorie.
• Volgens die derde teorie is die verskillende kleure van ’n hoenderhaan se stert ’n moontlike verklaring vir die drankie se naam.
Hier is 5 van ons gunstelinge:
Goue perskevonkel
Waatlemoen-mojito
Somer-mengeldrankie
Sonder of met alkohol – dié drankie bly verfrissend en gee terselfdertyd jou lyf ’n hupstoot met vitamiene en antioksidante.

Sjokolade-ment-martini
Pienkpomelo-en-ment-martini
Lees nou
Herman se wenke vir ’n gemaklike #SARIESondag
Resep-idees vir ’n lekker sportnaweek
The post 5 van die beste cocktail-resepte vir die naweek appeared first on SARIE.