Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Perfek vir ontbyt: Framboos-plaatkoekies

$
0
0

Ontbyt is die belangrikste maaltyd van ons dag. Só word ons van kleintyd af geleer. Hier’s ’n maklike resep, perfek vir jou volgende ontbyt.

Maklikste Framboos-plaatkoekies

WENK: Sit voor saam met gebraaide spek vir ’n perfekte ontbyt, of as nagereg met vanieljeroomys.

genoeg vir 6

Sif 275 g (490 ml) koekmeel, 10 ml bakpoeier en ’n knippie sout saam in ’n mengbak. Voeg 30 ml suiker by. Klits 440 ml karringmelk, 1 eier en 15 ml sonneblomolie saam in ’n bak. Maak holte in middel van droë bestanddele. Gooi geklitste karringmelkmengsel in holte en meng tot gladde beslag. Voeg 200 g vars frambose by en druk frambose in growwe stukke fyn saam met mengsel. Verhit ’n kleefvrye pan en smeer ’n bietjie van die 60 ml gesmelte botter met ’n kwassie in die pan. Skep ’n eetlepel vol beslag in die pan. Wanneer borreltjies aan die bokant van die plaatkoekie vorm, draai dit om. Braai nog so 2 minute tot gaar. Jy kan 3 – 4 op ’n slag bak. Hou gaar plaatkoekies warm en herhaal proses met res van beslag. Sit warm voor met nog 200 g vars frambose en heuning of stroop.

Lees nou

4 wenke om jou lob vars te hou

Pasop! As jou kar sulke geluide maak …

Chad le Clos praat oor Phelps

The post Perfek vir ontbyt: Framboos-plaatkoekies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!