Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Wat laat jou kies in ’n restaurant?

$
0
0

Ons almal het al in ’n restaurant gesit en ’n spyskaart beloer en weer beloer, maar niks trek ons aandag nie. Jy kan nie ophou kopkrap oor wat jy wil eet nie …

Dan moet jy nog besluit of jy die gesonde roete gaan volg of jouself gaan bederf met ’n lekkerny wat enige dieetkundige se oë sal laat rek. Wat dinge vererger, is die druk van ’n oorywerige kelner wat elke vyf minute kom hoor wat jy wil bestel.

Waarom is iets wat eintlik ’n lekker ervaring moet wees, soms só moeilik?

Die Bournemouth-universiteit in Brittanje het dalk nou agter die kap van die byl gekom, berig The Guardian. In ’n nuwe studie het navorsers vier buitefaktore geïdentifiseer wat jou besluit nóg moeiliker kan maak.

1. Te veel keuses

’n Spyskaart kan oorweldigend wees ten opsigte van al die keuses wat dit bied. In die Bournemouth-studie is onder meer bevind in wegneemeetplekke soek mense niks meer as ses keuses per kategorie nie. In fynproewer-restaurante kan dit effens meer wees: sewe elk voorgeregte en nageregte, en tien hoofgeregte.

’n Vaste spyskaart (set menu) kan dus die perfekte oplossing wees, want dit maak die keuse veel makliker.

2. Die ontwerp van die spyskaart

Restaurante moet mooi besin oor hoe hulle hul spyskaart aanbied. ’n Besige uitleg kan ’n kliënt dalk net nog meer verwar. Hoewel daar nie noodwending ’n wenresep is vir ’n spyskaart se uitleg is nie, wys navorsing dat jou oog ’n spyskaart met ’n Z-patroon volg.

Jy begin links bo kyk en eindig regs onder. Kassies met ekstra inligting, te veel kleure en ander ontwerpfoefies trek jou aandag af.

3. Die naam van die geregte

Dit is belangrik dat restaurante die beskrywings van geregte eenvoudig hou. Dit moet ’n eerlike beskrywing wees van wat ’n mens kan verwag, en dit lyk of ’n oorvloedige gebruik van byvoeglike naamwoorde mense afskrik. Die rede hiervoor is dat dit oormatig vertonerig voorkom. Die beskrywing van geregte moet jou nie minderwaardig laat voel oor jy dit nie kan verstaan nie.

4. Klank en atmosfeer

Navorsing wys klassieke musiek laat mense meer spandeer by top-eetplekke – veral aan duur wyne – terwyl Duitse en Franse musiek hulle laat gryp na bottels uit dié twee lande! Natuurlik is die kliënte salig onbewus van hierdie subtiele boodskappe.

Stadiger musiek en die reuk van laventel laat mense glo langer in ’n restaurant bly, terwyl opgewekte of popmusiek geneig is om hulle lus te maak vir gaskoeldranke.

Lees nou

5 dinge wat van jou ’n beter kok gaan maak

Roomystoring perfek vir somer!

GROOT NUUS vir SARIE KOS …

The post Wat laat jou kies in ’n restaurant? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!