Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Is dit Marmite of Bovril?

$
0
0

Om ’n eetkamertafel is daar vier onderwerpe wat jy gewoonlik vermy: politiek, geld, rugby en geloof. Maar een vraag kan net so ’n debat ontlok: Is jy ’n Marmite-mens of ’n Bovril-mens? Kyk, jy is óf die een óf die ander. Min mense verkies albei – dís ’n seldsame verskynsel en so skaars soos hoendertande. 

Maar glo dit of nie, Bovril was eerste in die prentjie.

Bovril is al in 1870 ontwikkel. In 1902 het dieselfde maatskappy ’n vegetariese opsie, Marmite, bekend gestel.

Wat is die verskil?

Bovril word gemaak van beesvleis-aftreksel en Marmite word gemaak van gisekstrak.

Die maklikste Marmite-tert nóg

Dis ’n ou gunsteling. In die verlede was dit ’n teetyd-treffer en gewild op die verjaardagtafel. Nolstalgies of nie, ’n Marmite-mens of ’n Bovril-mens, dié een kan jy gerus probeer!

FOTO Mickey Hoyle

FOTO Mickey Hoyle

Bestanddele

• 500 ml meel
• 2 ml sout
• 10 ml bakpoeier
• 200 g botter
• 250 ml melk
• 2 eiers
• 500 ml gerasperde cheddarkaas
• 60 ml Marmite
• 60 ml botter

Metode

Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die melk en eiers saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in verhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die botter-en-Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm.

Lees nou

Kyk Springbok-rugbyspeler se oulike tweeling!

Ontwerp jou eie skoene en kry dit in ’n japtrap

The post Is dit Marmite of Bovril? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!