Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

RESEP: Bruinrys-slaai

$
0
0

Inspirasiekos van Spekko Rice

Spekko is die trotse borg van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) dié seisoen. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

Spekko_Promosie Tag

Bruinrys-slaai met gerookte salm, kappertjiesade en maaskaas-sous

Dis somer en vir daardie lang middagetes ná ʼn oggend op die strand is dit die perfekte slaai.

genoeg vir 2

Slaai

375 ml gaar Spekko Saman-bruinrys
1 komkommer, in repies gesny
3 sprietuie
125 ml opgekapte vars koljander
gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
olyfolie
salm
45 ml kappertjiesade

Slaaisous

65 ml maaskaas
65 ml jogurt
15 ml fyngekapte Italiaanse pietersielie
15 ml fyngekapte dille
5 ml Engelse mosterd
15 ml suurlemoensap
5 ml gerasperde suurlemoenskil
5 ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper

Slaai Meng die rys, komkommer, sprietuie, koljander en gerasperde lemmetjieskil. Voeg die lemmetjiesap en ’n bietjie olyfolie by. Verkoel.

Slaaisous Meng die maaskaas, jogurt, pietersielie, dille, mosterd, suurlemoensap en -skil en suiker. Geur na smaak met sout en peper. Hou in die yskas tot etenstyd.

Vir die voorsit Skep slaai in twee mooi bakkies en rangskik die salm en kappertjiesade bo-op. Bedruip met die slaaisous en sit voor.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.

The post RESEP: Bruinrys-slaai appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!