Adv. Thuli Madonsela het dié week vir ons ’n vroeë Kersgeskenk gegee. Al is sy reeds weg by die kantoor van die Openbare Beskermer, het haar staatskapingsverslag die meeste Suid-Afrikaners laat jubel van vreugde.
Ons wil dié rooitapytster, rolmodel, ma, inspireerder, ons wens vir SA se eerste vrouepresident, regsbrein én heldin oornooi vir ’n vroeë Kersfeesete.
SARIE-kosredakteur Herman sal kook en ons dekorredakteurs Lounette en Anita sal die tafel dek, want vir Thuli gee ons net die beste. Dís op die spyskaart:
Slaai van appel, sorbet en garnale
Blomkoolpuree met groenbone en rissiebotter
Lamsboud met feta-spinasie-en-gruyère-vulsel
Trifle met Oreo’s, karamel en donkersjokolade
Baie dankie, Thuli! Hierdie een is op jou!

FOTO Gary Gershoff / Getty Images / Gallo Images
Kos: Herman Lensing
Dekor: Anita Rossouw & Lounette Fourie
Foto’s: Donna Lewis
Kos-assistent: Liezl Vermeulen
Lees nou
Stylvolle ystervrou – ons kuier in adv. Thuli Madonsela se kantoor
7 vreemde koskombinasies wat wérk!
The post Dankie, Thuli! Ons nooi jou vir ’n vroeë Kersfees appeared first on SARIE.