Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Kook met Asterix en Obelix se wildevark

$
0
0

Inspirasie wag om elke hoek en draai. As jy daarvoor soek, sal jy verbaas wees wat jy vind. In my soektog na die storie agter bestanddele het ek kennis gemaak met Tom Turner van Bontebok Ridge by Wellington. Hy boer met Europese wildevarke op sy plaas.

Ja, die varke soos in die strokiesprent Asterix!

Die varke loop vry op die plaas en hul vleis is 100% organies. Restaurante soos die gewilde The Test Kitchen in Kaapstad bedien gereeld vleis van hierdie plaas. Die smaak daarvan is uniek en glad nie soos dié van wildsvleis nie. Dis sagte, geurige vleis met baie tussen-spiervet wat dit besonder sag en vogtig maak.

Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) Maandae om 18:30 is moontlik gemaak deur Spekko – besoek hul webwerf vir nóg rys-inspirasie.

 

VIA_FB_Inspirasiekos_wilde-vark

Op ons Inspirasiekos met SARIE-spyskaart die week:

• My ma se rysfrikkadelle

• Tamatiebredie in ’n stoompot

• Geskroeide carpaccio met waatlemoen en gremolata

(AL DIE RESEPTE KAN JY OOK MAAK MET LAMS- OF BEESVLEIS)

IKMS_WILD BOAR_DC_0105

My ma se rysfrikkadelle

Sowat 12–14 frikkadelle

• 15 ml olyfolie
• 15 ml botter
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 30 ml kerriepoeier
• 10 ml koljander
• 500 g maalvleis (Europese bosvark of lam)
• hand vol gekapte koljander
• 1 koppie gaar Spekko Basmati-rys
• 1 eier
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 ml tamatiepuree
• 125 ml rooiwyn
• 1x 400 g-blikkie gekapte tamaties

Verhit olyfolie en botter in ’n pan tot warm. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute of tot begin verkleur. Voeg speserye by en braai nog 5 minute. Voeg gebraaide uie by rou maalvleis. Voeg vars koljander, rys en eier by. Meng goed en geur met sout en peper. Vorm in gholfbalgroot balle. Bring tamatiepuree, rooiwyn en geblikte tamaties tot kookpunt in ’n plat pot – dit moet groot genoeg wees sodat jy frikkadelle daarin kan pak. Pak frikkadelle in sous en maak pot toe met deksel. Bak vir 20 – 25 minute of tot gaar. 

 

IKMS_WILD BOAR_DC_0095

Tamatiebredie in ’n stoompot

Winter of somer, maak nie saak nie, ek geniet ’n bredie. Vat kortpad in jou stoompot en jy het binne minute kos op die tafel.

genoeg vir 6

• 1,2 kg ryp, vars tamaties
• sonneblomolie vir braai
• 1 kg bosvark-stowevleis (kortskenkels werk ook lekker)
• 1 ui, fyngekap
• 2 preie, gesny
• 2 ml fyn gemmer
• 3 kardemomsade
• 5 ml koljandersade
• 6 peperkorrels
• 7 ml vinkelsade
• 7 ml droë tiemie
• 3 huisies knoffel
• 1 rooi brandrissie
• 200 ml witwyn
• 15 ml suiker
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 15 ml blatjang

Dompel die tamaties in kookwater. Laat staan vir so 3 minute. Verwyder die skil en sny in kwarte. Verhit die sonneblomolie in ’n groot stoompot tot warm. Braai die vleis mooi bruin. Voeg nou die ui en preie by en braai ook lekker bruin. Kap die gemmer, kardemom, koljander, peper, vinkel, tiemie, knoffel en brandrissie saam tot ’n pasta in ’n vysel. Gooi die pasta by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties, wyn en suiker by en geur met sout en swartpeper. Maak pot toe met deksel en bring tot volstoom. Laat stoom vir 1 uur. Laat stoom uit pot. Voeg die blatjang by en sit voor in mooi opdienbak van jou keuse. Geniet!

Sit bredie voor met rys en gremolata (sien onder). Jy kan ook die bredie in ’n oondvaste pot maak: plaas pot in ’n matige oond teen 160 °C vir 7 uur.  Roer elke nou en dan.

Gremolata

 fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 hande vol pietersielie, fyngekap

Meng al die bestanddele goed en sprinkel oor carpaccio.

 

IKMS_WILD BOAR_DC_0092

Geskroeide carpaccio met waatlemoen en gremolata

Die oorspronklike Italiaanse gereg is gemaak van baie dun skyfies rou vleis. My manier van carpaccio maak is om die vleis eers in ’n baie warm pan te skroei en dan te laat afkoel. Dis heerlik as ligte middagete of as voorgereg

genoeg vir 4

• 2 takkies vars roosmaryn, sowat 6 cm elk
• hand vol Italiaanse pietersielie
• 750 g bosvark-ribsteak of beesfilet
• growwe sout
• 30 ml olyfolie
• 2 skywe waatlemoen, in klein blokkies gesny
• 1 brandrissie, fyngekap
• 1 hand vol granaatpitte
• 1 hand vol koljander, fyngekap
• 3 radyse, papierdun gesny
• olyfolie om oor te sprinkel

Breek die blaartjies af van die roosmaryntakkies. Plaas op houtplank en kap fyn. Kap pietersielie ook fyn en meng goed met roosmaryn. Sprei kruie oor houtplank. Geur jou keuse van vleis rondom met sout en sprinkel helfte van olyfolie oor. Vryf olie goed in vleis in, sommer met jou hande. Plaas vleis bo-op kruie en rol sodat dit goed bedek is met die kruie. Verhit ’n kleefvrye pan en gooi res van olyfolie in. Plaas vleis in pan en braai rondom tot mooi bruin.Onthou, dis carpaccio, so dit moet nog heeltemal rou aan die binnekant wees – net die buitekant van die vleis is gebraai. Haal uit pan en laat heeltemal koud word. Gebruik skerp mes en sny dit in papierdun skywe. Pak skywe op opdienbord. Meng waatlemoen, rissie, granaatpitte en koljander saam. Geur met sout en peper. Skep lepels vol van salsa oor vleis. Rangskik radysskyfies oral oor bord en sprinkel ’n bietjie olyfolie oor. Sit voor.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjie | Sout | Mossels en Oesters | Meel | Sampioene | Mozzarella | Soutwaterforel | Whisky | Vanielje

Spekko Promosie Tag

Hierdie episode van Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147) is geborg deur Spekko. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of@SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.

The post Kook met Asterix en Obelix se wildevark appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!