Ek vat graag kortpad in my kombuis, want hoekom sal enigiemand nou sukkel? Bokskoek is een van die geheime. Met hierdie alles-in-een-mengsel kan jy maklik afshow voor jou vriende. Hier is 5 slim planne wat waarborg om jou baie grênd te laat lyk.
Selfs vir die gesoute bakkers onder ons is die idee van ’n rolkoek vreesaanjaend, maar wees gerus: met ’n bokskoekmengsel kan jy ’n perfekte rolkoek bak, keer op keer. Ek vul myne met roomys vir ’n dekadente nagereg wat hemels smaak!
2. Malvapoeding met koek uit ’n boks
Ek kan nooit genoeg van my ouma se malvapoeding kry nie! Ongelukkig is dit nogals baie werk, maar daar is ’n kortpad … Die geheim? Appelkooskonfyt en die sous wat jy oor die koek gooi sodra dit uit die oond kom.
3. Onderstebo-piesang-en-karamelkoek
Sjokolade en piesang is pasmaats so reg uit die koshemel. Hierdie weergawe van onderstebo-koek sal jou lewe verander. Sit dit voor met roomsagte roomys en suikersoet karamelsous. Soos ek hier tik, begin my mond klaar water en ek is reguit op pad kombuis toe!
Die lekker van hierdie resep is die kombinasie van teksture. Die bros van die koek aan die buitekant, die smelt-in-jou-mond-mousse tussen die koeklae en natuurlik die kenmerkende tekstuur van koek tussen al hierdie smake.
As jy al ooit in België was, sal jy weet hoe lekker brosgebraaide wafels met lepels vol sagte room op straat smaak. Jy kan my hart steel met ’n warm wafel! Kyk by jou naaste supermark vir wafelpanne – dis bekostigbaar. Jy kan die beslag ook in ’n warm pan braai, soos plaatkoekies.
The post 5 slim planne met bokskoek appeared first on SARIE.