Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

5 kombuisgeheime wat almal moet ken!

$
0
0

Sekere dinge maak jou lewe in die kombuis net soveel makliker. Hier is 5 wenke wat elke huiskok moet hoor om kosmaak vreugdevol en vrolik te hou!

Embed from Getty Images

1. Keer dat aartappels bruin raak

Wanneer jy aartappels skil, is dit baie belangrik om die geskilde aartappels in koue water te hou terwyl jy nog die res skil. Sodra die aartappels met lug in aanraking kom, word die stysel in die knol bruin – jy kan dit steeds eet, maar dit lyk minder mooi.

 

2. Stadiger vrot

Hou jou tamaties langer vars deur hulle met die stingels na onder by kamertemperatuur te stoor. Wanneer die stingels onder is, keer dit dat suurstof in die vrug intrek en vloeistof uit die vrug verdamp.

Tamaties is ook een van die min vrugte (ja, die tamatie is ’n vrug!) wat langer by kamertemperatuur hou as in jou yskas: tamaties hou nie van vog nie en daar is baie vog in jou yskas.

 

3. Laat jou piesangs langer hou

Wanneer jy piesangs koop, breek dit los van mekaar en draai die stingels toe met kleefplastiek. Die stingels stel etileengas vry wat die rypmaakproses in vrugte aanhelp.

Hou piesangs weg van ander vrugte en groente om seker te maak alles hou langer. Jy kan ook harde vrugte gouer ryp maak deur dit in ’n kardoes te sit met ’n piesang of twee daarby. Avokado’s werk veral goed.

 

4. Keer dat vrugte bruin raak

Jy weet seker as jy appels of pere sny, druk jy klein bietjie suurlemoensap oor om te keer dat dit bruin raak. Ongelukkig kan dit ’n suur smaak agterlaat. Meng volgende keer ’n paar teelepels heuning met bietjie water en gooi dit oor jou vrugte. Heuning bevat ook suur wat oksidasie, die bruin op die gesnyde vrugte, help voorkom – en dis lekker soet!

 

5. Hou jou bruinsuikerkorrels los

As jy so baie van bruinsuiker hou soos ek, sal jy weet dat as jy nie so baie die suikerhouer oopmaak nie, die suiker gou in een groot klont verander. Gooi volgende keer ’n paar lemoenskille in jou houer met bruinsuiker. Die skille sit vog in suiker om dit lekker los te hou én gee ’n subtiele lemoensmaak. Jy kan dieselfde doen met witsuiker.

Lees nou

Kaasburger, uieringe en sjokoladetert – als met whisky vir Inspirasiekos met SARIE

MasterChef SA-sussie toor velsorgprodukte op

Maak só die lekkerste koolslaai nog!

The post 5 kombuisgeheime wat almal moet ken! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!