Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Herman maak koningskos met soutwaterforel in Inspirasiekos met SARIE

$
0
0

SARIE se eie Herman Lensing is passievol oor kos en oor die stories agter elke bestanddeel. En nou is hy terug op die kassie met ’n splinternuwe seisoen van Inspirasiekos met SARIE op VIA (kanaal 147). Vanaand om 18:30 skop die tweede reeks af in samewerking met Spekko.

1142-570x380

In die eerste episode van die nuwe reeks besoek hy vir Barend Stander in Saldanhabaai, die eerste boer in SA wat suksesvol met soutwaterforel boer.

Herman saam met Barend in die diep see waar die sout forel groei

Herman saam met Barend in die diepsee by die forelhokke.

1. Wat is soutwaterforel?

“Soutwaterforel is gewone forel wat ons teel in damme met vars water. Die visse word op ’n sekere grootte uit die vars water gehaal en oorgeplaas na groot hokke wat in die diepsee hang, waar hulle dan tot volwassenheid groei,” vertel Barend.

2. Waarom doen jy dit so?

“Salm is een van die mees geliefde vissoorte op spyskaarte wêreldwyd, maar die natuurlike bronne is besig om radikaal af te neem. As ons forel in die see teel, kry jy dieselfde resultaat: die vis is groter en smaak soos salm.”

3. Maar hoe is dit moontlik dat dié vis in seewater kan oorleef?

“’n Salm gaan minstens een keer in sy lewe in die vars water in. In die natuur swem forelle uit die see stroomop in riviere om hul eiers te gaan lê. Hierdie nuwe vissies word dan in die rivier groot en beweeg daarna uit see toe. Die forelle se oorgang na soutwater is natuurlik en nie skadelik nie.”

4. Wat is die impak van dié boerderymetode op die omgewing?

“Baie min, mits jy dit reg bestuur. Jy moet elke dag die regte hoeveelheid kos gee, anders sak dit af en gaan lê op die seebodem. Ons monitor die visse vir siektes en maak seker hulle ontsnap nie uit die nette uit nie – ons projek is maar nog in sy babaskoene en daar’s baie navorsing om te doen voor ons die visse in die natuur kan vrylaat.

648-570x320

Forel-kedgeree

genoeg vir 4

• 50 g botter
• 1 ui, fyngekap
500 ml (2 k) Spekko Indian Gate Basmati-rys
• 5 ml (1 t) kerriepoeier
• 30 ml geroosterde marsala
• 2 ml (½ t) neutmuskaat (nutmeg)
• 1 knippie saffraan
• 250 ml (1 k) melk
• 125 ml (½ k) klapperroom
• 250 ml (½ k) water
• 300 g forel, in stukke gesny
• 5 ml (1 t) paprika
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 hand vol gekapte pietersielie
• 3 eiers, gekook en in helftes of kwarte gesny

Smelt die botter in ’n middelslag-pot oor matige hitte, roer die ui en Spekko Indian Gate Basmati-rys in en braai vyf minute terwyl jy roer. Voeg die kerriepoeier, marsala, neutmuskaat en saffraan by. Meng die melk, room en water in ’n bak en giet oor die rys. Voeg die vis by en laat prut 20 minute terwyl jy af en toe roer tot die rys gaar is. Voeg ’n bietjie water op ’n slag by as die mengsel te droog raak. Geur met die paprika, sout en peper en roer die pietersielie in. Voeg die eiers by en sit voor

 

293-570x320

Kebabs oor die kole

Die magic van dié resep lê in die marinade.

genoeg vir 6

• 500 ml ongegeurde jogurt
• 1 brandrissie, fyngekap
• 45 ml droë korrelmosterd
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 45 ml heuning
• 1 hand vol koljander, fyngekap
• sap en skil van 2 suurlemoene
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 x 100 g forel-porsies
• 1 klein stukkie houtskool (charcoal)
• 55 g (60 ml) botter, gesmelt

Meng jogurt, rissie, mosterd, knoffel en heuning in ’n mengbak. Voeg koljander, sap en skil van suurlemoen by. Meng en geur goed met sout en swartpeper. Ryg forelporsies op kebabstokkies. Plaas forel in ’n plat bak en gooi marinade oor. Maak seker die vis is heeltemal bedek. Steek ’n stukkie houtskool oor ’n oop vlam aan die brand en plaas in ’n metaalbakkie. Plaas bakkie met houtskool binne-in plat bak met vis. Gooi botter oor die kooltjie en maak die bak dadelik toe met foelie. Laat marineer in yskas vir 3 uur. Kry kole mediumwarm en braai kebabs sowat 3 tot 5 minute per kant of tot gaar. Sit voor.

 

375-570x320

Forel met noedels en sampioene

Perfekte somer-ete: gestoomde forel en geurryke kragsop (broth).

genoeg vir 4

• 20 ml sesamolie
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 cm vars gemmer, gerasper
• 15 ml miso
• 2 liter hoenderaftreksel
• 80 g droë sjiïtake-sampioene
• 1 brandrissie, fyngekap
• 60 ml ligte sojasous
• 6 forelporsies
• 270 g ramen-noedels
• vars koljanderblare en baba-sampioene vir voorsit

 

Verhit olie in ’n groot pot tot warm. Voeg knoffel, gemmer en miso by. Roerbraai vir 2-3 minute of tot geurig. Voeg hoenderaftreksel en sampioene by. Roer deur en bring tot kookpunt. Kook vir 20-25 minute of tot geurig. Gooi die mengsel deur ’n sif, bring aftreksel weer tot kookpunt en voeg brandrissie en sojasous by. Plaas visporsies in aftreksel en posjeer vir 8-10 minute of tot gaar. Voeg noedels by en verwyder van hitte. Maak pot toe en laat staan toe vir 5 minute of tot noedels sag is. Sit voor met vars koljanderblare en baba-sampioene.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjie | Sout | Mossels en Oesters | Meel | Sampioene | Mozzarella
Spekko Promosie Tag

Hierdie episode van Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147) is geborg deur Spekko. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko opFacebook of@SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.

 

The post Herman maak koningskos met soutwaterforel in Inspirasiekos met SARIE appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!