Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Die KFC-resep, ons toets dit!

$
0
0

Die afgelope week moes KFC vure doodslaan nadat kol. Harland David Sanders se geheime vingerlek-lekker resep van 11 kruie en speserye glo per ongeluk gelek het. Hulle ontken dit.

Maar Sanders se neef, Joe Ledington, het ’n boek met uitknipsels wat die laaste testament van Sanders se tweede vrou, Claudia Ledington, insluit, berig Netwerk24. Die geheime resep is glo op die agterkant van haar testament geskryf.

Die internet gons die afgelope week van gerugte oor dié resep. Kan dit werklik die ware jakob wees?

Ons is te nuuskierig en het besluit om dit vir julle uit te toets. Glo my maar, julle kan gerus solank die potte nader sleep, want dié resep gaan ’n gunsteling raak!

Die resep:

• 2 koppies koekmeel
• 2/3 eetlepel sout
• 1/2 eetlepel gedroogde tiemie
• 1/2 eetlepel gedroogde basiliekruid
• 1/3 eetlepel gedroogde origanum
• 1 eetlepel selderysout
• 1 eetlepel fyn swartpeper
• 1 eetlepel fyn gedroogde mosterd
• 4 eetlepels paprika
• 2 eetlepels knoffelsout
• 1 eetlepel fyn gemmer
• 3 eetlepels fyn witpeper
• 1 koppie karringmelk
• 100 ml water
• 1 eier, geklits
• 24 hoenderstukke
• olie vir diepbraai

IMG_9518

1. Meng al die speserye.

IMG_9543

2. Voeg meel by en meng goed.

IMG_9557

3. Meng karringmelk, eier en water.

IMG_9584

4. Doop hoenderstukke in karringmelk-mengsel en dan in speserymengsel. Herhaal met al die stukke.

IMG_9603

5. Verhit olie tot warm (nie te warm nie, anders brand die buitekant voor die hoender gaar is). Dompel hoenderstukke in olie en braai vir 15-20 minute of tot mooi goudbruin en bros.

IMG_9630 

6. Dreineer op kombuispapier en sit voor.

IMG_9657

SARIE se Liani Jansen van Rensburg, Zulfa Bessley, Carmen Botma, Emtia Morrison en Cara Rademeyer

SARIE se Liani Jansen van Rensburg, Zulfa Bessley, Carmen Botma, Emtia Morrison en Cara Rademeyer

Ons het ’n paneel van 5 gekry om die twee hoenders te vergelyk.

Die proe-toets:

5 hoenderstukke uit KFC se olie en 5 stukke uit SARIE se olie.

Die resultaat:

Die SARIE-hoender lyk of hy familie is van die ware jakob, maar die kors is nie so perfek soos KFC s’n nie. SARIE se kors is wel baie brosser omdat dit uit die olie dadelik op die bord is.

Die paneel proe:

Die kors is geurig en vol smaak, maar iets skort. Ons kan nie ons vinger daarop lê nie. Dalk is ons breine so gewoond aan die KFC-resep dat ons dink die sogenaamde ware jakob is nie reg nie. Ons proe die KFC-hoender en soos een man weet ons dat die resep wat die ronde doen nié die een kan wees wat KFC gebruik nie. Die kors is sagter, souter en bevat ander geure wat ons nie kan uitwys nie.

Die besluit:

KFC bly KFC! Niks gaan ooit daai geheime resep kan wees nie. Maar die resep wat uitgelek het, is regtig lekker. Dis vol geur en smaak en as jy self hoender wil maak, kan jy maar die resep oorweeg!

The post Die KFC-resep, ons toets dit! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!