Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Wenke vir die lekkerste #SARIESondag

$
0
0

Jy het die spyskaart, die gaste is genooi en Sondag kom al nader. Maar moenie dat jou onthaal-voorbereidings ’n gejaag wees nie. Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, deel haar wenke vir ’n stresvrye #SARIESondag!

Maleise kos is die lekkerste kuierkos en maak jou warm van binne. Boonop is die bestanddele kleurryk. Hier is my 3 wenke vir die lekkerste #SARIESondag.

#1 As jy nie kans sien of tyd het om jou eie samoesas en platbrode te maak nie, gaan koop by jou naaste bakkery of tuisnywerheid.

#2 Dek jou tafel kleurryk! Kikker die gemoed op deur jou tafel kleurryk te dek – dit skep ’n gemaklike kuier-atmosfeer en jou gaste sal nog lank kuier ná die kos al op is.

#3 Probeer iets anders! Meng jou eie droë speserye vir ’n unieke smaakkombinasie – hier’s ons voorstel, maar maak dit uniek deur jou eie kombinasie op te maak.

Kaaps-Maleise speserymengsel

• 10 ml fyn gemmer
3 ml brandrissievlokkies
• 15 ml kaneel
• 10 ml komyn
• 15 ml koljander
• 5 ml borrie
• 4 kardemomsade
• 2 kaneelstokke
• 2 lourierblare

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

sr0904paasfees07

The post Wenke vir die lekkerste #SARIESondag appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!