Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Sardientjiefrittata

$
0
0

genoeg vir 4 – 6

•  45 ml olyfolie
•  8 eiers
•  250 ml roomkaas
•  5 ml bakpoeier
•  sout en varsgemaalde swartpeper
•  6 murgpampoentjies, in dun skywe gesny
•  250 g sampioene, gesny
•  250 g blokkiespek
•  1 x 120 g-blik sardientjies in olyfolie, grate verwyder,
•  gedreineer en fyn gevlok

Verhit oond tot 180 oC. Spuit losboom-quiche-pan van 35 x 20 cm met kleefwerende kossproei. Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Klits eiers, roomkaas en bakpoeier saam – die roomkaas gaan nie heeltemal inmeng nie, maar dis reg so, dit smelt weg wanneer die eier gaar word. Geur goed met sout en swartpeper.

Gooi mengsel in pan en maak ’n sagte roer-eier wat nog half rou is. Skep roer-eier in losboompan en smeer gelyk. Pak murgpampoentjies, sampioene, spek en sardientjies bo-op roer-eier. Plaas in oond en bak 15 minute of tot heeltemal gaar. Laat effens afkoel en verwyder pan se ring. Sit frittata voor met slaai van jou keuse.

 

The post Sardientjiefrittata appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!