Dis weer #SARIESondag-tyd, en dié keer vier ons dit saam met ’n paar voormalige SARIE Voorbladgesig-finaliste. Omring van die geure van die see en die hitte van ’n oop vuur verdryf ons die koue met gister se trooskos in ’n nuwe baadjie.
Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:
• Maak ’n paar knope in ’n 3 m-lange stuk wit bull denim. Maak donkerblou materiaalkleursel aan volgens aanwysing op pakkie en kleur die denim. Spoel af en laat droog word in die son. Maak knope los en stryk. Steek 4 houtpale van 2,4 m in seesand en anker met tou. Knoop hoeke van gekleurde denimlap bokant tafel aan pale vas.
• Hier sit jy … Druk verskeie seediere uit op harde karton en knip uit. Skryf ’n gas se naam op elke diertjie. Plaas op servet saam met ’n skulp, grys klippie of selfs seepampoentjie.
Druk ons pdf-templaat.
• Druk prente van visse uit op karton en sny rofweg uit. Bind visse in stringe vas met tou en hang aan ankerpale van sondak.
• Druk ons pdf-templaat met die skool visse uit. Sny uit op stippellyne en vou ’n papierkoevert. Plak vas met kleeflint. Plaas messe en vurke in koeverte op tafel.
The post Trooskos vir #SARIESondag appeared first on SARIE.