Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Kaaskoek, sonder om te bak – met net 7 bestanddele

$
0
0

Ek het grootgeword met die yskastert en tot vandag toe het ek ’n sagte plek in my hart vir dié smelt-in-die-mond-lekkerte. Hier is n kannie-flop-resep vir jou.

Gee dié koek se kors ekstra geur met vars vrugte, sjokolade en selfs neute!

Kaaskoek, sonder die bak

genoeg vir 1 groot koek

• 200 g sjokoladekoekies, fyngemaak
• 140 g (150 ml) botter, gesmelt
• 100 g muesli
• 385 g-blik kondensmelk
• 60 ml vars suurlemoensap
• 2 x 250 g-houer roomkaas
• 5 ml vanieljegeursel

1) Voer 25 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier.

2) Meng koekiekrummels met botter en voeg muesli by tot mengsel die tekstuur van klam grond het. Plaas in yskas om te stol.

3) Meng kondensmelk en suurlemoensap in groot mengbak.

4) Voeg roomkaas by en klits tot dik romerige mengsel vorm. Skep in uitgevoerde kors.

5) Plaas terug in yskas vir 3 – 4 uur of oornag.

6) Verwyder ring van pan en sif kakao oor koek.

Sit voor en geniet!

The post Kaaskoek, sonder om te bak – met net 7 bestanddele appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!