Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Malvapoeding met roomys & vla

$
0
0

Niks sê Sondagete soos malvapoeding met roomys en vla nie!

genoeg vir 8

Sous

• 1 blik ingedampte melk
• 100 g (125 ml) suiker
• 125 ml water

Poeding

• 60 g (65 ml) sagte botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 35 ml appelkooskonfyt
• 1 eier
• 140 g (250 ml) bruismeel
• 5 ml koeksoda
• 250 ml melk
• 15 ml asyn
• 1 liter vanieljeroomys
• 500 ml vanieljevla

Plaas al die bestanddele vir die sous in mikrogolfbestande bak en verhit tot kookpunt in mikrogolfoond vir sowat 2 – 3 minute. Hou eenkant.

Poeding Room botter en suiker saam in groot mengbak. Voeg res van poedingbestanddele by, behalwe roomys en vla. Meng tot gladde beslag. Spuit ’n mikrogolfbestande 30 cmringpan goed met kleefwerende kossproei. Gooi beslag in pan en verhit in mikrogolfoond op Hoog vir 10 – 12 minute of tot poeding begin verbruin. Laat staan in mikrogolfoond vir 3 minute. Gooi sous oor en laat intrek. Keer uit op opdienbord en sit voor met roomys en vla.

The post Malvapoeding met roomys & vla appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!