In ’n wêreld wat soms te vinnig beweeg, kan ons Sondae tyd neem om saam met geliefdes te kook en te kuier. Voeg daarby ’n kaggelvuur as jy gelukkig genoeg is om een te hê en goeie rooiwyn … en jy het die perfekte pasmaats vir die lekker koue weer.
SARIE se digtiale kosredakeur, Tanya Fourie, deel haar wenke om die beste #SARIESondag te hê.
# Die tamatie-sop is ideaal vir ’n maklike en geurige voorgereg. Dit is vinnig om te berei en vries boonop baie goed. My wenk: maak die resep dubbel en vries die helfte – dit kan tot twee weke in ’n lugdigte houer gevries word.
# Die springbokpastei-vulsel kan reeds die dag voor die tyd berei word – maak dit deur die loop van die dag sodat dit oornag by kamertemperatuur kan afkoel. Die slapdeeg is baie eenvoudig en kan binne minute aanmekaargeslaan word.
# Pampoenkoekies is seker een van die gewildste bygeregte op enige Suid-Afrikanse Sondag-tafel. Hierdie resep is baie eenvoudig en werk elke keer.
# Neem kortpad met winkelroomys en -vla saam met die malvapoeding in die mikrogolfoond.
Wat is die week op die spyskaart? Lees hier!
Jou spyskaart en inkopielys
Laai jou spyskaart HIER af.
The post #SARIESondag-wenke vir rooiwarm treffers … appeared first on SARIE.