Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Romerige visgebak

$
0
0

Ryk en lekker en die ideale trooskos vir koue wintersaande.

genoeg vir 4

100 g (120 ml) botter
70 g (120 ml) koekmeel
800 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper
4 x 250 g-stokvisfilette, vel verwyder
100 g vars broodkrummels
100 g parmesaankaas, fyngerasper
3 takkies vars tiemie se blaartjies, fyngekap

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ’n diep pan. Voeg meel by en roer met ballonklitser tot glad. Voeg melk bietjies-bietjies by en roer goed ná elke byvoeging. Prut sowat 5 minute oor matige hitte en roer deurentyd. Geur met sout en peper. Plaas vis in warm sous en sorg dat dit heeltemal toe is onder die sous. Meng broodkrummels, kaas en tiemie saam in ’n bakkie. Strooi krummelmengsel oor vis en plaas in warm oond.

Bak 20 minute tot vis gaar en krummels goudbruin gebak is. Sit voor met gestoomde broccoli en baba-aartappels.

The post Romerige visgebak appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!