Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Top Chef SA is hier!

$
0
0

Die heel eerste seisoen van Top Chef SA is hier! Dit het gisteraand begin en wys elke Dinsdagaand op SABC3 om 20:00. Suid-Afrika se weergawe volg dieselfde formule as dié van die internasionale program vir professionele sjefs.

Top chef SAUrban Brew vervaardig die plaaslike weergawe en hulle skiet in Johannesburg. Kykers kan uitsien na die bekende quickfire- en elimination-uitdagings op opwindende plekke in en om die Goudstad.

Die beoordelaars

Top chef judges

Neill Anthony, die aanbieder Lorna Maseko en Lesego Semenya

Neill Anthony is ’n bekende TV-persoonlikheid en koskenner wat al saam met Gordon Ramsay en Alyn Williams gewerk het. Sy uitgebreide kennis van kos en ongelooflike kookvaardighede maak hom ’n kenner in die kombuis.

Lesego Semenya, wat verlede jaar M&G se lys van die top-200 Jong Suid-Afrikaners gehaal het, is een van die opwindendste sjefs in die land. Hy is ’n sensasie op sosiale media en pynlik eerlik wanneer dit kom by sy kulinêre kritiek, ’n noodsaaklike bestanddeel vir ’n Top Chef-beoordelaar.

Volgens Urban Brew se uitvoerende hoof, Trish Taylor, was Lorna, aanbieder van Top Billing-faam, die ooglopende keuse om die program aan te bied. “Haar liefde vir kos, haar verfynde palet en haar moeitelose elegansie maak haar perfek vir Top Chef SA.”

Lees nou

Toets jou koskennis: Is jy ’n regte foodie

MasterChef Australia: die wenner is … en ander geheime

MasterChef se Seline – TV se nuwe gunsteling-kok?

The post Top Chef SA is hier! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!