Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

ONTBYT-RESEP: Spek-en-kaas-wiele met skondeeg

$
0
0

Hulle sê ontbyt is die belangrikste ete van jou dag. Dink net: Ná jou nagrus is jou liggaam al vir sowat agt tot twaalf uur sonder iets te ete. Soggens is jou lyf en brein gereed vir goeie kos.

Probeer gerus dié maklike ontbytresep. Die skons se deeg word met spek en kaas bestrooi, gerol en dan in wiele gesny. Dit bak net 20 minute en die Kellogg’s Special K gee dit ’n lekker tekstuur. Geniet dit met roereier.

kelloggstag

genoeg vir 12 wiele 

Bestanddele

• 125 g spek, baie fyn gekap
• 250 g (445 ml) koekmeel
• 17 ml bakpoeier
• knypie sout
• 130 g (140 ml) botter, in blokkies gesny
100 g Kellogg’s Special K
• 60 ml (¼ k) esdoringstroop (maple syrup)
• 60 ml (¼ k) karringmelk
• 1 eier, geklits
• 100 g cheddarkaas, gerasper
• roereier om voor te sit

Verhit oond tot 200 °C. Spuit ’n bakplaat met klewerende kossproei.

Verhit ’n klewerende pan tot warm en voeg spek by. Braai tot bros en hou eenkant.

Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak en voeg botter by. Vryf botter in meel met vingerpunte totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg Special K by en meng goed.

Klits stroop, karringmelk en eier saam in mengbakkie en voeg by die meelmengsel. Meng met ’n mes tot deeg vorm. Plaas deeg op meelbestrooide werksvlak. Rol deeg in ’n reghoek en tot sowat 3 mm dik. Strooi spek en kaas bo-op deeg. Rol deeg in die lengte (vanaf die kort kant) op – dit lyk soos ’n lang wors. Sny in wiele.

Pak  wiele naby mekaar op bakplaat. Plaas in oond en bak vir sowat 20 minute tot goudbruin. Sit louwarm voor met roereier bo-op.

2kelloggs

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp Digitorial1

 

The post ONTBYT-RESEP: Spek-en-kaas-wiele met skondeeg appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!