Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Dis Internasionale Sjokoladedag: vier dit só

$
0
0

Ja, jy het reg gelees. Vandag is amptelik bekend as Internasionale Sjokoladedag. (Hoewel dit eintlik elke dag hier by SARIE Sjokoladedag is! En dalk by jou ook.)

Maar vandag mag jy amptelik skaamteloos soveel sjokolade eet soos jy wil. Hier is vir jou ’n maklike sjokoladebrood-resep om dit sommer behoorlik te vier. Bak net genoeg, want almal gaan ’n stukkie wil hê!

Sjokoladebrood met 3 bestanddele

Ek gebruik sjokoladesmeer (Nutella) vir die brood, maar jy kan ook grondboontjiebotter gebruik.

genoeg vir 6

• 500 g winkeldeeg
• 300 ml sjokoladesmeer (Nutella)
• 100 g sjokoladesplinters
• kakao vir oorsif, opsioneel

Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg op meelbestrooide werkvlak tot sowat 5 mm dik uit. Smeer sjokolade oor deeg met agterkant van eetlepel. Sprinkel sjokoladesplinters oor deeg en rol stewig op in ’n lang wors. Sny in 6 porsies met ’n skerp mes.

Spuit 6 holtes van ekstragroot kolwyntjiepan met kleefwerende kossproei. Pak deegporsies regop met gesnyde kant na bo in panne. Laat rys op warm plek vir 15 minute.

Bak 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sif kakao oor en sit louwarm voor met goeie koffie (of warmsjokolade!).

Barbara se maklikste sjokoladekoek

As jy ’n vinnige en maklike resep soek vir ’n sjokoladekoek is die resep net vir jou. Dis heerlik klam en ek verseker jou jy sal nooit weer ’n ander koek bak nie.

Kry die resep HIER

sk0409sjokkoek055

The post Dis Internasionale Sjokoladedag: vier dit só appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!