Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Smullekker sjokolade-brownies

$
0
0

Bak hierdie heerlike brownies vir Jeugdag! Die heel sjokoladestukke, neute en bros bolaag sorg dat hierdie brownies nog lekkerder is as gewoonlik.

genoeg vir 9 groot brownies

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige koekpan van 23 x 23 cm uit met bakpapier en spuit die kante liggies met kleefwerende kossproei. Plaas 250 g (275 ml) gesmelte botter, 400 g (500 ml) ligte bruinsuiker en 4 eiers in ’n groot mengbak. Klits goed saam met ’n houtlepel.

Voeg140 g (250 ml) gesifte koekmeel, 50 g (125 ml) gesifte kakao, 10 ml bakpoeier, 150 g grofgekapte melk-sjokoladeblokkies, 150 g grofgekapte heelneut-sjokoladeblokkies en 200 g grofgekapte pekanneute by. Meng goed met houtlepel. Skep uit in voorbereide koekpan. Plaas in oond en bak 40 minute. Verwyder uit oond en laat heeltemal afkoel op draadrakkie. Sny eweredig op in blokkies.

Kry nóg lekker winter treffers in jou nuutste SARIE Kos nóú beskikbaar landswyd by jou naaste supermark.  

SARIE Kos Junie-Julie 2016

SARIE Kos Junie-Julie 2016

The post Smullekker sjokolade-brownies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!