Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Gemmer-en-peer-stoompoeding

$
0
0

Die geur van winter in my grootwordhuis – as ek gemmer geruik het, het ek geweet die winter is hier!

genoeg vir 4

• 2 groot pere, ontklok en in blokkies gesny
• 2 cm-stuk gemmer, geskil en grofgesny
• 60 ml gouestroop
• 175 g (190 ml) sagte botter
175 g (220 ml) ligte bruinsuiker
• 3 eiers, geklits
• 175 g (310 ml) bruismeel
• 5 ml bakpoeier
• 10 ml fyn gemmer
• 100 ml melk

Spuit ringkoekpan (bundt), met volume van 2 liter goed, met kleefwerende kossproei. Plaas peer, gemmer en stroop in braaipan. Braai vir 3-5 minute of tot sag. Room botter en suiker saam met elektriese klitser. Voeg eiers een vir een by.

Voeg res van bestanddele by en meng. Skep gestoomde pere onderin pan en gooi beslag bo-oor. Maak pan toe met aluminiumfoelie en plaas in pot met kookwater. Bedek pot met deksel en laat stoom vir 90 minute of tot ’n sponsagtige voorkoms. Keer uit op ’n opdienbord en sit voor met tuisgemaakte vla en roomys.

 

The post Gemmer-en-peer-stoompoeding appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!