Die Amerikaners maak graag sulke klein hamburgers. Dis baie vullend.
GENOEG VIR 8 – 10
• 45 ml olyfolie
• 2 uie, grofgekap
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 20 ml heel komyn
• 1 groot varkboud van 1,5 kg
• sout en varsgemaalde swartpeper • 60 ml gerookte paprika
• 250 ml tamatiepuree
• 1 x 340 ml-bottel bier (lager of ale) • 3 lourierblare
• 10 klein broodrolletjies
• 10 groot agurkies, in skywe gesny • slaaiblare van jou keuse
Aand voor kuier Verhit oond tot 100 °C. Verhit olyfolie in groot oondvaste pot met deksel. Voeg uie, knoffel en komyn by en roerbraai 5 minute of tot geurig. Plaas varkboud bo-op uiemengsel. Geur boud goed met sout en peper. Sprinkel paprika oor boud. Gooi tamatiepuree en bier oor. Voeg lourierblare by en maak pot toe. Plaas in oond en laat oornag om gaar te word, of vir minstens 8 uur. Sit só voor Haal gaar boud uit pot en gebruik twee vurke om boudvleis in dun rafeltjies te vlok. Voeg genoeg potsous by tot mengsel lekker klam voorkoms het. Proe en pas geurmiddels aan. Halveer broodjies en rooster in warm pan tot gesnyde kant bros is. Verdeel agurkies en slaaiblare tussen broodjies. Skep hope van die vleis bo-op en sit boonste deel van broodjie bo-op. Sit voor met yskoue bier.
The post Oornag-vark-sliders appeared first on SARIE.