Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Knoffel vir gesondheid én geur

$
0
0

Knoffel word al eeue lank waardeer – nie net as smaaklike bestanddeel in kos nie, maar ook vir sy talle gesondheidsvoordele. En komende Saterdag, 30 April, is dié beskeie bolplant die ster by Stellenbosch se weeklikse Slowmarket.

Geure van vars kruie en geurmiddels vul Saterdae die lug by die dorp se Oude Libertas-teater en markgangers kan kies en keur uit smaaklike proesels in oorvloed. Dié week val die fokus op knoffel, die getroue knolgeurmiddel.

Foto's deur Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Buiten die wonderknol se kenmerkende geur en reuk, bevat dit ook besonderse gesondheidsvoordele. Dis deel van die knolgroente-familie en propvol voedingstowwe soos magnesium, vitamien B6 en vitamien C, asook ‘n klein bietjie vesel.

Die aktiewe verbindings in knoffel kan help om hoë bloeddruk te verbeter. Dit is veral doeltreffend wanneer dit as daaglikse aanvulling gebruik word.

Maar ai, wat van die onaangename reuke …? Ondanks al die voordele van knoffel eet, is daar ook die nadeel dat dit jou asem minder aangenaam laat ruik.

Die skerp reuk van knoffel is waarskynlik die natuur se meganisme om die plant teen insekte en ander goggas te beskerm. Maar dit help jóú as knoffelliefhebber net mooi niks, want ’n knoffelasem kan jou vriende, kollegas en die liefde van jou lewe die skrik op die lyf jaag.

Hier is wenke vir ’n varser asem:

Drink tamatiesap.
Kou ’n takkie vars pietersielie of basiliekruid.
Eet ’n appel of ’n lemoen.

Het jy geweet:
• Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Russiese soldate knoffel gebruik om wonde te behandel. Knoffel het later bekend gestaan as “Russiese penisillien”.

• In antieke Griekeland het knoffel bekend gestaan as scorodon, wat letterlik vertaal “stink roos” beteken. Bruide in dié tyd het ruikers van kruie en knoffel gedra, pleks van blommeruikers.

• Daar is tot 300 verskillende variëteite knoffel die wêreld oor.

Bron: www.garlicshaker.com; www.slowmarket.co.za

The post Knoffel vir gesondheid én geur appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!