Dié geurige knol laat kos lekker smaak, maar dit werk net so goed as bijkomen en op burgers. Hier is ’n paar eenvoudige manier om ie voor te sit.
The post Maak só met uie appeared first on SARIE.
The post Maak só met uie appeared first on SARIE.
genoeg vir 6
Verhit oond tot 180 °C. Plaas 450 g varkmaalvleis in ’n mengbak. Druk die vleis van 2 varkworsies ook uit in die mengbak. Geur met sout en peper en meng alles goed saam. Voeg 100 g gekrummelde bloukaas en hand vol fyngekapte pietersielie by en meng deur. Vorm 6 patties.
Verhit sowat 15 ml olyfolie in ’n riffelpan. Braai patties tot net mooi bruin weerskante en plaas pan in oond. Oondbraai sowat 20 minute tot gaar. Halveer 6 repe strepiespek. Verhit sowat 30 ml olyfolie in ’n pan en braai spek tot bros.
Halveer 6 broodrolletjies. Sny 1 ui in dun skywe en plaas 2 skywe op onderste helfte van elke rolletjie. Plaas ’n gaar patty bo-op en dan 2 stukke gebraaide spek. Pak ’n bietjie vars bronkors (watercress) bo-op. Bedek met boonste helfte van rolletjie.
The post Varkvleis-en-bloukaasburger met spek appeared first on SARIE.
Daar is min dinge wat lekkerder is as warm skons met baie botter, aarbeikonfyt, sterk cheddarkaas en geklopte room. En met dié maklike en vinnige resep waarvoor jy net drie bestanddele nodig het, kan jy meer gereeld aan warm skons smul.
SARIE.com se kosredakteur, Tanya Fourie, wys in dié video hoe jy vinnig dié teetydtreffer kan optower.
• 750 ml (3 k) meel
• 250 ml (1 k) room
• 250 ml (1 k) koue limonade
Verhit oond tot 180 ºC. Plaas meel, room en limonade saam in ’n groot mengbak. Meng goed met vurk tot sagte deeg vorm. Keer uit op meelbestrooide werkvlak.
Druk uit met ronde koekiedrukker en plaas op kleefvrye bakplaat. Bak sowat 15 – 20 minute. Haal uit en laat effens afkoel op draadrak. Sit voor met botter, aarbeikonfyt, gerasperde cheddarkaas en geklopte room – heerlik!
The post Skons met net 3 bestanddele appeared first on SARIE.
Probeer hierdie grootmens-weergawe van warmsjokolade met skop! Dit is heerlik vir die koel winterdae ná ete in die plek van nagereg.
genoeg vir 4-6
• 500 ml melk
• 200 g donkersjokolade, fyngekap
• 30 ml fyn kaneel
• 250 ml room
• 200 g witsjokolade, fyngekap
• 100 ml whiskey of brandewyn
• 250 ml vars geklopte room
Bring melk tot kookpunt en gooi bo-oor gekapte donkersjokolade. Roer tot gladde mengsel en voeg kaneel by. Bring room tot kookpunt en gooi oor witsjokolade. Roer tot gladde mengsel. Voeg die alkohol van jou keuse by en roer deur.
Verdeel donkersjokolade tussen glase, gevolg deur witsjokolade. Skep lepels vol room bo-op. Sit voor met bros beskuitjies … njam-njam!
The post Warmsjokolade met skop! appeared first on SARIE.
Vandag is Burgerdag.
Dit is vir seker die een gereg wat almal al geëet het, vegetaries ofte nie. Met al die verskillende soorte burgers en die talle burger joints (soos die Engelse sal sê) wat daar is, is dit g’n wonder dat die hele Mei-maand aan burgers opgedra is nie – en vandag spesifiek is dit Burgerdag.
Kry ook lekker idees vir bygeregte met uie HIER.
The post 5 beste burgers vir Burgermaand! appeared first on SARIE.
Sê jy winter, sien ek dadelik my kaggelvuur wat brand en rooiwyn in my glas. Sê jy winter, proe ek my ma se tamatiebredie en ouma se melkkos, toegegooi onder ’n kombers van kaneelsuiker. Sê jy winter, proe én ruik ek speserye wat jou met die eerste geurige walm warm maak van binne. Ja, daar is maar net iets aan dié seisoen wat vra vir troos. Gelukkig het sekere spesery-paartjies al die toets van die tye deurstaan en bring keer op keer die winterkoestering waarna ons smag. Hier is 5 kombinasies wat jou bredies in die koue maande ekstra spesiaal sal maak!
1. Vinkel en koljander
Die oerpaartjie as dit kom by speserye. Voeg jy vinkelsaad en varsgemaalde koljander by jou tamatie- of groenboontjiebredie, sal jou gaste nooit jou huis verlaat nie. Werk net versigtig, want die smaak van vinkelsaad kan nogal sterk en oorweldigend wees as jy dit nie spaarsamig gebruik nie. Op sowat 1,5 kg lamsnek vir bredie kan jy 45 ml vinkelsaad en 50 ml koljander gebruik. Hier is Leipolt se bredie waar die kombinasie van speserye gebuik word.
2. Kaneel en steranys
As jy hou van speserye met soet note, is dié kombinasie net die een vir jou. Kaneel met sy aardse smaak en anys met sy kenmerkende dropsmaak. Gebruik hierdie soet kombinasie in bredies met vrugtegeure, soos kweperbredie of ’n bredie met droëperskes, en Marokkaanse-styl bredies soos tagines. Werk spaarsamig met die anys, want die geur kan skerp wees. Wenk: gebruik eerder heel peule en stokke in jou bredie. Tel hoeveel jy insit sodat jy net voor opskeptyd die heel stukke kan uithaal. Só kry jy al die geur, maar niks van die ongemaklike smake as jy per ongeluk op die die speserye byt nie. Hier is my Marokkaanse perske-tagine uit Inspirasiekos met SARIE.
3. Komyn en mosterdsaad
As daar ’n vroulike spesery in die kas was, sou haar naam komyn gewees het. Dié spesery se fyn voorkoms en sagte parfuumsmaak is ’n goeie pasmaat vir die skerp smaak van droë mosterdsade. Droogrooster altyd hierdie speserye in ’n warm pan voor jy dit by jou bredie voeg. Die kombinasie werk baie goed in tradisionele groenboontjiebredie wat jy met witpeper geur. Al twee het peperagtige note wat perfek pas by die kenmerkende geur van winterbredie. Probeer my groenboontjiebredie met spekboom. Hier is die resep.
4. Kardemom en lourierblaar
Ek hoor telkemale my vriende sê hulle hou nie van kardemom nie omdat hulle al te veel kere op ’n peul in bredie gebyt het en dis niks lekker nie. Maar die geheim van kardemom is nie om die peul heel in jou kos te gooi nie, maar eerder om dit oop te breek en die swart saadjies binne-in uit te krap en dit in jou kos te gebruik. So kry jy al die geure en niks van die ongemaklike smake nie. Meng jy die soet smaak van kardemom met die byna suur smaak van lourierblaar, kry jy ’n kerrieagtige ondertoon in jou winterbredie. Gebruik sowat 6 oopgebreekte peule en 4 lourierblare om 800 g lamsvleis.
5. Neutmuskaat en naeltjies
Maak jy wildsvleisbredie, moet jy sorg dat hierdie twee saam kom kuier. Wildsvleis vra vir die skerp smaak van naeltjies en die soet smaak van die neut (nutmeg). Gebruik altyd neut wat jy self vars rasper, want die smaak is dan skerper en soeter. Dieselfde met naeltjies: maal dit liefs fyn voor jy dit in jou kos gebruik. Die smaak van heel naeltjies is minder lekker as dié van fyngemaalde produk. Jy kan ook die naeltjies in ’n klein stukkie melkdoek bind en in jou bredie plaas, byna soos ’n teesakkie. Hier is ‘n lekker wildsvleis-tamatiebredie.
Geniet jou winter voor die kaggel en wees waaghalsig: vind jou eie speserykombinasies wat vir jóú werk – daar wag ’n wêreld vol geurop jou.
Lekker kook!
Herman Lensing
The post 5 spesery-pare wat jou winter gaan beter maak! appeared first on SARIE.
Onthou jy nog koolfrikkadelle? Dié nostalgie-gereg trek ’n nuwe baadjie aan as Herman dit met die modieuse superkos krulkool (kale) maak. Krulkool is op almal se lippe – van Gwyneth Paltrow se smoothie-konkoksie tot kale-tjips op restaurante se spyskaarte.
Kale, krulkool of boerekool, noem dit wat jy wil, dié groen blaar met sy kenmerkende kartelrande is nou groot nuus. Nou kuier Herman Lensing, SARIE se kosredakteur die week vir Inspirasiekos met SARIE (Via, DStv-kanaal 147) in die Robertson-vallei by Tierhoek Organics om te gaan leer wat die storie agter dié kool is …
Bruce Gilson, eienaar en boer by Tierhoek Organics, deel 5 dinge wat jy van krulkool moet weet:
1. Een porsie (100 g) krulkool bevat dieselfde hoeveelheid kalsium as ’n glas melk (250 ml) – eet dit gestoom saam met roereier vir ’n gesonde ontbyt, vertel Bruce.
2. Krulkool bevat al die nodige vitamiene en minerale wat jy nodig het: elke blaar bevat vitamien A, C en E. Dis hoog in yster, asook omega 3 en kalsium. Bruce reken die groente behoort superkos-status te kry (vrugte soos bloubessies is reeds).
3. In die Middeleeue is dié groente as armmanskos gesien. Die mense sou dit stoom en dan meng by kapokaartappels wat hulle Colcannon (’n Ierse gereg) genoem het – die kapokaartappels was meer vullend.
4. Krulkool is glad nie iets nuuts nie, vertel Bruce. Die groente is al eeue lank die stapelkos van lande soos Portugal, Kenia en Denemarke. Dis nou ná jare dat die groente eers sterstatus geniet.
5. Probeer dit rou in ’n smoothie, sê Bruce: jou liggaam absorbeer meer van die voedingstowwe en vitamiene as jy die groente rou eet. Kies die jong blaartjies hiervoor. Besoek www.tierhoekorganic.com vir meer inligting oor Bruce en sy plaas.
genoeg vir 4
• 500 g beesmaalvleis
• 500 g varkmaalvleis
• 250 ml sagte broodkrummels
• 10 ml fyn koljander
• 1 ml fyn naeltjies
• 1 ml fyn neut
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 25 ml asyn
• 6 groot vars krulkoolbarle (kale) – hoe groter hoe beter
TAMATIESOUS
• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 1 knoffel huisie gekap
• 410 g blik tamatiepuree
• 410 g blik kersietamaties
Meng die twee soorte maalvleis. Voeg broodkrummels by en meng. Voeg res van die frikkadelbestanddele (behalwe die koolblare) by en meng goed. Vorm 6 frikkadelle en hou eenkant. Plaas koolblare in ’n groot bak en gooi kookwater oor. Maak seker blare is bedek met kookwater. Laat staan vir sowat 5 minute totdat die blare sag is. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Plaas ’n frikkadel in die middel van ’n koolblaar en maak soos ’n pakkie toe.
TAMATIESOUS Verhit olyfolie in groot pot en voeg uie en knoffel by. Braai vir 2 minute. Gooi tamatiepuree en kersietamaties by en bring tot kookpunt. Plaas frikkadelle in sous met toegevoude deel na onder. Plaas deksel op pot en laat stoom vir 30 minute of tot vleis gaar is – maak nou en dan seker dat daar genoeg vloeistof in pot is. As dit lyk of die sous wegkook, gooi ’n bietjie kookwater by. Sit voor.
Herman wys jou ook om jou eie kale-tjips te maak en gnocchi met krulkool-roomsous. Klik HIER.
The post Herman se koolfrikkadelle – nou met kale appeared first on SARIE.
Dié klassieke Italiaanse gereg is geurig en vullend en heerlik vir vleislose aandetes. Die Engelse vertaling vir arrabbiata is “angry”. Die Italianers het dit glo só genoem oor die sterk brandrissie-geur. Pas die hoeveelheid rissies aan na smaak.
genoeg vir 4
Eiervrug
• 2 eiervrugte
• growwe sout
• 60 ml meel
• 2 eiers, geklits
• 100 g broodkrummels
• 60 ml olyfolie
Arrabbiata-sous
• 45 ml olyfolie
• 1 rooi-ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngerasper
• 2 rooi brandrissies, fyngekap
• 250 g kersietamaties, gehalveer
• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
• 5 ml sagte bruinsuiker
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap
Rond af met
• 200 g sagte bokmelkkaas
• hand vol vars basiliekruidblare
Eiervrug
Verhit oond se rooster-element. Sny eiervrugte in skywe van sowat 1,5 cm dik. Pak op kombuispapier en sprinkel growwe sout oor. Laat staan sowat 10 min. Spoel eiervrugskywe goed af en maak droog met kombuispapier. Bedek elke skyf eiervrug met meel, eier en broodkrummels. Verhit olyfolie in ’n diep braaipan en braai skywe sowat 3 minute aan ’n kant of tot goudbruin en gaar.
Arrabbiata-sous
Verhit olyfolie in ’n diep pan. Braai ui, knoffel en brandrissies tot sag en deurskynend. Voeg kersietamaties en geblikte tamaties by. Geur met suiker, sout en peper. Voeg basiliekruidblare by. Laat prut 15 – 20 minute. Pak skywe eiervrug op bakplaat, gevolg deur tamatiesous en skyfies bokmelkkaas. Herhaal met tweede laag eiervrug en eindig met kaas.
Plaas onder rooster-element en bak sowat 5 minute tot kaas goudbruin en gesmelt is. Sit warm voor met vars basiliekruidblare.
The post Gebraaide eiervrug (melanzane) met arrabbiata-sous en bokmelkkaas appeared first on SARIE.
Kale, krulkool of boerekool, noem dit wat jy wil, dié groen blaar met sy kenmerkende kartelrande is nou groot nuus. Nou kuier Herman Lensing, SARIE se kosredakteur die week vir Inspirasiekos met SARIE (Via, DStv-kanaal 147) in die Robertson-vallei by Tierhoek Organics om te gaan leer wat die storie agter dié kool is …
genoeg vir 4
• 2 eiergele
• 45 ml korrelmosterd
• 250 ml kanola-olie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• sap en skil van 1 suurlemoen
• olie vir diepbraai
• 6 krulkool-blare (kale), gewas en goed drooggemaak met kombuispapier
Klits eiergele met mosterd. Terwyl jy klits, gooi olie geleidelik by en hou aan klits tot dik en romerig. Geur goed met sout en peper. Voeg suurlemoenskil en sap by. Verhit olie vir diepbraai. Braai krulkool tot bros – sowat 1 minuut. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met mayonnaise.
genoeg vir 4
• 4 (400 g) aartappels, geskil en gaar gekook
• 1 eier
• 280 g (500 ml) koekmeel
• sout en varsgemaalde swartpeper
KRULKOOL-ROOMSOUS
• 30 ml olyfolie
• 30 ml botter
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 10 ml heel komynsaad
• 300 g dik spek (kassler-tjops), in blokkies gesny
• 12 krulkool-blare (kale), in repies gesny
• 250 ml room
• parmesaankaas vir voorsit
Druk die gaar aartappels deur ’n sif tot ’n fyn puree. Voeg eier en meel by en meng tot ’n hanteerbare deeg. Voeg nog meel by as dit nodig is sodat dit nie meer klewerig is nie. (Dit moet soos deeg lyk.) Geur goed met sout en peper. Deel deeg in vier en bestrooi ’n werkvlak met ekstra meel. Gebruik jou vingerpunte en rol deeg in lang silinders van sowat 2 cm dik uit. Sny met ’n skerp mes in gnocchi-porsies van 2 cm elk. Gebruik ’n vurk se punt om patrone op te druk. Laat ’n groot pot water kook en gooi gnocchi in die water. Sodra dit dryf, is dit gaar. Dreineer en hou eenkant.
MAAK SOUS Verhit olie en botter in warm pot en braai uie en knoffel tot begin verbruin. Voeg spek en komyn by. Voeg gesnyde krulkool, aftreksel en room by. Verlaag hitte en prut tot krulkool gaar is. Maak met staafmenger fyn tot puree. Voeg gnocchi by en rasper parmesaankaas oor. Sit warm voor.
The post Maak jou eie kale-tjips appeared first on SARIE.
In jou twintigs is die lewe ’n lied en byna sorgvry. Vir baie beteken dit die begin van vryheid, om jou vlerke te sprei en jou eie nes te begin skrop. My twintigs was gekenmerk deur kombuiskuiers saam met vriende wat almal raad gee oor hoe en wat om te kook.
Verlede week het ek my 29ste verjaardag gevier. Met die Groot 30 om die draai, het ek besluit om my kennis van die afgelope 10 jaar te deel. Nou kan jy ook die Jamie of Nigella van jou eie kombuis raak.
1. Leer om uie te kap
Glo my, alle goeie kos begin met gekapte uie. As jy weet hóé, sal dit jou baie trane spaar en jou lewe maklik maak. Die belangrikste wenk wat ek ooit geleer het van uie kap, is om nie die wortelgedeelte van die ui af te sny nie – dit hou die hele ui bymekaar en maak blykbaar die trane minder (ja, elkeen het mos maar sy mite oor dié een!).
Skil die ui, sny die boonste kop af en halveer die ui in die lengte sodat elke helfte nog ’n gedeelte van die wortel het. Kap dan die ui van die voorpunt na die wortel toe. Die ui sal bymekaar bly en die enigste trane wat jy sal hê, is trane van blydskap.
2. Braai steak perfek
Die meeste mans of vroue sal soos botter in jou hande smelt as jy vir hulle ’n lekker gebraaide steak voorsit. Dis eintlik heel maklik en baie eenvoudig: Begin deur goeie vleis te koop. Ek verkies die sirloin-snit omdat die vetlaag om die buitekant lekker geur gee.
Hou geure op steak eenvoudig: smeer met klein bietjie olyfolie, sap en skil van suurlemoen, geur goed met sout en peper. Dan jou pan: verhit jou pan tot vuurwarm sonder enige olie, onthou jy het reeds olie op die vleis gesmeer. Braai dit. Moenie heeltyd omdraai nie. Sowat 1 minuut per kant vir medium, 90 sekondes vir medium gaar en 2 minute vir baie gaar. Haal die steak uit die pan en laat rus eenkant vir 2 minute voordat jy dit voorsit.
3. Leer om goeie oondgebakte hoender te maak
As jy wil onthaal en keer op keer sukses wil behaal, moet jy weet hoe om ’n goeie oondgebakte hoender te maak. Daar is nie ’n gas wat al aan my tafel gesit het en nie beïndruk was met my oondgebakte hoender nie. Dis baie eenvoudig as jy die resep stap vir stap volg. My wenk: Koop lekker vet organiese hoenders en jy sal elke keer eindig met sappige hoender. Klik hier vir my resep wat jou nooit in die steek sal laat nie.
4. Kook die perfekte rys
Glo dit of nie, maar daar is baie mense wat sukkel om veerligte rys te kook. Goeie rys is die bykos tot byna enige maal. Dis maklik om rys te kook as jy weet hoe: Plaas een koppie rys in ’n meelsif en spoel af onder lopende koue water tot die water helder uitloop. Plaas in ’n skoon pot met twee koppies koue water, 5 ml sout en een skyf suurlemoen (met skil aan) bring tot kookpunt en kook tot al die water deur die rys geabsorbeer is. Plaas deksel op pot en laat staan vir 5 minute. Sit voor.
As jy regtig steeds bang is, kan jy maak soos my pa toe hy ’n alleenloper was. Jy plaas een koppie rys in ’n koffiefles en vul dit dan met kookwater tot bo. Maak die fles toe en laat staan 8 uur.
5. Beïndruk met bolognese
Ek word gereeld gevra wat is die één resep wat jy moet baasraak. En my antwoord is altyd dieselfde: bolognaise. Jy kan baie van die Italiaanse tamatie-vleissous op een slag maak en in porsies vries. Dit is lekker op sy eie, op rys, op roosterbrood met gebakte eier, in omelet of self bo-op ’n wolk van kapokaartappels. Die moontlikhede is oneindig. Die belangrikste om is om tyd te neem met die sous. Hy moet stadig prut – hoe langer dit prut, hoe geuriger sal die sous wees.
Kyk uit in die nuwe SARIE KOS vir ’n stap-vir-stap gids om dit soos die Italianers te maak.
6. Bykosse vir ’n braai
Kom ons wees eerlik: as ons bang raak vir kook of onthaal, nooi ons gou gaste vir ’n braai, of jy word gereeld na een genooi. Hierdie verskynsel is so deel van ons kultuur soos bobotie en koeksisters. As jy by ’n braai wil beïndruk, moet jy kan bykosse maak. Aartappelslaai, koolslaai en ’n brood – hierdie drie bykosse sal altyd koning kraai op jou braaitafel en jou gaste sal reken jy is baie fancy! Hier is 3 resepte wat jy maar kan volg.
2. Koolslaai
Dis ’n feit soos ’n koei, iewers gaan jy moet kook of bak om iemand se hart sag te maak. As jy wil beïndruk of vinniger vergewe wil word, kan jy maar malvapoeding bak. Winter of somer, ek het al baie kwaai mense aan my kant gekry deur hulle te bederf met ’n malvapoeding. Ek het wel ook vroeg in my lewe geleer dat jy die poeding in die mikrogolf kan maak. Die geheim van die poeding is die sous. Neem tyd en kook dit reg. Gooi die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Hier is my resep wat jou nooit sal teleurstel nie.
Onthou die kombuis is jou vriend, kook met oorgawe en beplan alles deeglik. Moenie bang wees vir resepte nie – daar is vir alles onder die son ’n kortpad, soek dit en jy sal dit kry!
Lekker kook!
Herman
The post 7 dinge in die kombuis wat jy in jou 20’s moet baasraak! appeared first on SARIE.
Vergeet eers van die hoë vleispryse en oorweeg vir ’n oomblik die eindelose voordele van groente!
Al hoe meer mense neig om een keer per week vleislose aandetes te maak. Dis nie net voordelig vir jou kosbegroting nie, maar ook vir jou gesondheid. En deesdae is dit ’n groot tendens om meer vars groente en grane deel van jou daaglikse dieet te maak, berig Vogue. Die hoeveelheid groente op Amerikaanse spyskaarte het verlede jaar met 47% gestyg!
Probeer gerus hierdie lekker vleislose gereg uit SARIE KOS en word geïnspireer om minder vleis en meer groentegeregte te geniet.
Kry resep hier.
Bron: Vogue
Inspirasiekos met SARIE plus wenke vir jou eie groentetuin
The post Is groente die nuwe vleis? appeared first on SARIE.
Al het die bekende SA supersjef Reuben Riffel gisteraand die laaste ete voorgesit by sy ikoniese restaurant Reuben’s op Franschhoek, hoef sy aanhangers nie in sak en as te gaan sit nie: ’n nuwe en moderne Reuben’s maak later vanjaar in die einste hoofstraat sy deure oop.
Ná 12 jaar het die restaurant intussen ’n tydelike tuiste gevind by die Chamonix-wynlandgoed as Reuben’s at Racine – ’n klein opwip-restaurant wat bistro-styl kos voorsit. Daar is net plek vir 40 gaste, so maak seker jy bespreek nou!
Die huurtermyn van die restaurantgebou het verstryk en in sy plek kom glo ’n supermark. Reuben en sy vrou, Maryke, het die geleentheid aangegryp om uiteindelik hul droom van baie jare te bewaarheid en het ’n eiendom gekoop vir hul nuwe restaurant – in dieselfde straat. Hulle is nog baie geheimsinnig oor die voorkoms, maar hulle belowe dit sal getrou wees aan die herinneringe van die oorspronklike Reuben’s in Huguenotstraat.
Gaste kan steeds gaan kuier by Reuben’s op Paternoster en Robertson.
The post Reuben Riffel – einde van ’n era appeared first on SARIE.
Ja, jy lees reg: Plant jou oorskietgroente. Só spaar jy, want jy kan later weer en méér daarvan eet.
Gee só jou “oorskiet” weer nuwe lewe. Hier is wenke om 5 van ons gunsteling-groentes maklik self te kweek!
Inspirasiekos met SARIE plus wenke vir jou eie groentetuin
The post Plant jou oorskietgroente! appeared first on SARIE.
Sy restaurant JAN in Nice spog met ’n gesogte Michelin-ster, maar vir Jan Hendrik van der Westhuizen is ’n biltong-en-tjips-broodjie die beste trooskos wat daar is.
Veral laat in die aand daar in Frankryk, wanneer sy hart met ’n punt terug verlang na Suid-Afrika. Die resep vir die broodjie verskyn selfs in sy kookboek, Jan, My Franse Kosverhaal, (Struik Lifestyle). Hy skryf dat “daar bitter min mense is wat hardop sal erken dat hulle hierdie tipe versnapering geniet, maar daar het jy dit nou – ek is so lief vir hierdie stoute lekkerny dat ek skoon trane in my oë kry wanneer ek dit eet.”
Toe hy onlangs in Suid-Afrika was om sy boek bekend te stel, vra ek juis uit oor daardie goed wat hy eet waaroor mens so skuldig kan voel. Ja, sê hy, hy het baie, maar dan is daar dié broodjie. “Dis gewone biltong-en-tjips op brood. Dis my ultimate. Ons maak ons eie biltong, nie met ’n fancy dehydrator nie. Ons hang dit op en sit ’n waaier daarop tot die biltong reg is. My ander ding is jellie en custard. Ons het dit nog nooit by die restaurant bedien nie, maar as ek myself wil bederf, dan maak ek ’n bakkie jellie. Hier kry mens nie jellie nie, net aspiek en gelatien, maar dis sout. Ek bestel so nou en dan op Amazon ’n Moirs-pakkie wat met die pos kom. Ek is gek daaroor, want dis ’n kindertyd herinnering.”
In Jan, my Franse Kosverhaal, skryf hy met deernis oor sy familie, hy deel sy resepte en die allermooiste foto’s wat hy self geneem het. Dit het hom agt maande geneem om die foto’s te neem, sommige tydens service by die restaurant. Maar hy het dikwels op Sondag ingegaan en ’n resep van die week wat lekker was voorberei en afgeneem. Die spyskaart verander die heeltyd en elke week is daar ’n nuwe gereg. Hy verduidelik die boek was ’n proses, “veral as mens alleen is met so projek. Dit was ’n baie intieme proses met myself.”
Sou hy die boek anders aangepak het as sy restaurant daardie tyd reeds ’n Michelin-ster gehad het, gooi ek ’n klip in die bos. Hy lag uit sy maag, dink ’n oomblik en antwoord dan die boek verteenwoordig sy kosreis, en nee, hy doen wat hy doen soos hy dit doen … Een ding is seker, Jan Hendrik se voete is plat op die aarde en dié trotse Suid-Afrikaner gebruik elke geleentheid om sy geboorteland se liggie internasionaal te laat skyn.
Is daar ’n voordeel in Frankryk rakende vars produkte en elke dorp wat ’n mark het waar hulle plaaslike produkte verkoop?
Ja, dis baie inspirerend. Die markkultuur groei darem in Suid-Afrika. Die Franse gaan nou in ’n ander rigting, wat eintlik nogal hartseer is. Die supermarkte se pryse is baie kompeterend teenoor die plaaslike markte en jy het ’n spesifieke ouderdomsgroep wat nou na die plaaslike markte gaan. Op hierdie markte is nie trendy boetiekbier en musiek nie. Dis’n gewone mark. Dis dieselfde tannie wat al 50 jaar courgette blomme verkoop. Die media in Frankryk druk om die supermark-kultuur te verander. Veral in tydskrifte is daar ’n pleidooi om die markte weer cool te maak. Maar baie mense werk vandag en daar is nie tyd om in die oggend mark toe te gaan en romanties met jou mandjie rond te stap en jou paar goedjies in te laai en huis toe te gaan en te kook nie. Die groot winkels is toeganklik en die rye en rye produkte is dikwels goedkoper. Dit gaan oor gerief.
As jy terugkom na SA, sien jy ’n verandering in kosgewoontes hier?
Ja, absoluut. Elke keer as ek teruggaan Frankryk toe is ek so geïnspireerd met hoe Suid-Afrikaners local gaan en hoe hulle die Suid-Afrikaanse tradisies weer modern maak. Dis baie sigbaar.
Hoe groot is jou restaurant?
Dis baie klein. Ons sit 28 gaste. Dit was ’n ou Vespa-herstelwinkel wat in ’n stadium gebrand het. Toe ons die spasie oorgeneem het, was die argitek skepties. Hy kon nie visualiseer hoe ’n restaurant in dié spasie gaan werk nie. Ek het net aangedring en ons het dit maak werk. As ek my sin kry, gaan ek nog ’n tafel uithaal en dit nog kleiner maak. Net om meer spasie te gee vir die drama wat gebeur as ons ’n trollie instoot en by die tafel iets spectacular opdien. Ons doen vyf aandetes, Dinsdag tot Saterdag, en dan doen ons twee middagetes, Vrydag en Saterdag. Twaalf tot drie is middagete. Die kombuis maak sesuur oop vir aandete en sluit tienuur. So ses maande gelede het ek my span wat ek van Suid-Afrika ingevoer het, ingekry. Dis fantasties, want hulle werk. Ons Suid-Afrikaners werk hard.
Wanneer eet jy?
(Lag) Ons moet ’n vol ete maak vir die personeel met elke diens. Ons het elkeen ’n beurt om die personeel-ete te maak. As ek sien daar is bv ’n kilogram salm off cuts, want ons het ’n salmgereg gemaak, dan vra ek iemand moet vir die personeel ’n salmslaai maak vir aandete. As daar skaapboud op die spyskaart is, bestel ons ’n ekstra een en rooster dit saam met gebraaide aartappeltjies. As ons pampoenkoekies maak, maak ons 20 ekstra. Ons is net vier in die kombuis, plus die maître d’ (restaurant-bestuurder), die sommelier en die kelner. Maar etes is baie belangrik vir die personeel. Ons probeer almal om ’n gedekte tafel sit en bespreek die aand se besprekings, gaan deur die spyskaart en kyk ook of daar ’n spesiale geleentheid is vir iemand wat kom, soos ’n verjaardag. Dit het omtrent ’n jaar gevat om in dié ritme te kom. Wanneer dit so moeilik was aan die begin, het ek maar net mampoer gaan drink in die toilet, net om boeremoed te kry …
Het jy ’n bestanddeel waarmee jy baie graag kook op die oomblik? Hoe kies jy waarmee jy kook?
Toe ons JAN oopgemaak het, was daar die mooiste ertjies van Kenia af en ek het gedink dis ‘cool’, want dis van Afrika af. Maar dit was nie ‘cool’ nie, want dit was buite seisoen. So het ek geleer: wat op die mark is, is op die bord. En wat op die mark is, is jou ster-bestanddeel. Ek speel tog met bestanddele, want ek maak ’n biltong-en-misobotter. Ek wil ook nie so erg tradisioneel gaan dat ek myself beperk nie. Maar geure soos naeltjies, kaneel, neutmuskaat, lourierblaar, swartpeperkorrels . . . Vir my is dit goed wat amper in alles moet ingaan in verskillende hoeveelhede. Dis iets wat hart gee aan kos.
Ek hou daarvan om kos mooi te maak. My kos is nooit oorgestileer nie. Die restaurant se styl is bietjie “ouma”, met die friezes aan die kante, die donkerblou mure wat meer modern is. Dan is daar eenvoud, pragtige groot bakke wat spesiaal gemaak is vir die restaurant deur ’n ou pottebakkery tantetjie wat in die berge bly. Ek glo in eenvoud.
Mis jy Suid-Afrika wanneer jy oorsee is?
Ontsaglik baie. Die Franse is nou nie juis die vriendelikste nasie nie. Hulle is baie moeilik. Ek het ’n vriendin, Lynn Kolver, wat al vir 30 jaar in Frankryk woon. Sy noem haarself Lynn die boerin. Sy is my ma hier in Frankryk, sy ondersteun my.
Het jy ’n sjef na wie jy opkyk, ’n tipe mentor?
In Frankryk is Anne-Sophie Pic; as ek die geld het, sal ek by haar restaurant gaan eet. Ek is mal oor haar kos. Dis so visueel en grafies en dit proe ongelooflik. Sy beteken vir my baie en ek het haar boeke. Andersins is dit mense met wie ek grootgeword het, soos Peter Veldsman. Ek wens ek kan eendag so slim wees soos hy. Dis my groot aspirasie. Hy is so slim oor kos en dit inspireer my om die heeltyd nuuskierig te wees oor alles. Maar daar is nie as sulks spesifiek ’n groot sjef na wie ek opkyk nie. Ek dink daar is ’n cliché van hardegat, kwaai sjefs wat moet vloek en skel. Ek dink nie dis nodig nie. JAN se kombuis is baie kalm. My mense in die kombuis is heeltyd verstom oor hoe rustig dit in ons kombuis is. Ek glo daaraan om my mense ordentlik te hanteer. Ek verkies om hul vertroue te hê. Ek sal sê as iets verkeerd is, maar dis nie ’n geskree nie. Miskien is dit omdat ek nie vir 30 jaar in ’n agterkombuis gestaan het en onder ’n cordon bleu-sjef gewerk het nie. JAN is my eerste kombuis in my eerste restaurant en behalwe vir my opleiding is dit die eerste plek waar ek moes leer oorleef het.
Lees meer oor Jan Hendrik van der Westhuizen in die nuwe uitgawe van SARIE Kos wat nou op die rak is.
The post Raai watter sjef eet biltong-en-tjips-broodjies? appeared first on SARIE.
Kospryse kwel ons, daarom hou ons maar die yskas en sy inhoud fyn dop. Om kos te vermors is eenvoudig uit.
Ons kook en koop meer bewustelik. Maar daar’s ’n paar van gister se “weggooi”-bestanddele en kos wat jy met min moeite nuwe lewe kan gee. Viva oorskietkos!
1. Gister se brood word vanaand poeding!
Met die winter hier, is daar gereeld broodpoeding op my tafel. Ek maak dit van enige vorm van ou brood: croissants, witbrood en bruinbrood. Selfs broodrolletjies maak lekker broodpoeding. Die geheim is om genoeg room en eiers by jou broodmengsel te gooi. Dis wat die poeding lekker klam maak. Hier is ons leser Jean le Roux se wen-broodpoeding. Klik hier
2. Oorskietrys vir romerige bederf
Terwyl ons nou so op die poedingtema is: Wat van gister se rys vir ryspoeding vanaand? Dis baie maklik.
Neem sowat 250 ml room en 125 ml (100 g) bruinsuiker en bring tot kookpunt. Voeg 5 ml vanieljegeursel by en laat kook tot met die helfte verminder het. Voeg 250 ml gaar rys by en meng deur. Verhit verder oor lae hitte en roer 2 eiergele by – maar wees versigtig dat die mengsel nie kook nie, anders gaan hy skif. Verwyder van hitte en voeg 100 g gekapte pekanneute en 100 g gekapte witsjokolade by. Sit voor met lepels frambooskonfyt.
3. Suur melk vir plaatkoekies
Moenie dink jy moet altyd suur melk weggooi nie. Inteendeel, daar is sommige resepte wat jou vra om die melk suur te maak, soos dié vir Amerikaanse ontbyt-plaatkoekies. Gebruik die melk wat suur is, maar nog nie geskif het nie. As dit geskif het, is dit nie meer bruikbaar nie en sal jy dit moet weggooi. Hier is my resep vir plaatkoekies, vervang die melk in die resep met jou suur melk of maak hom net so met karringmelk! Klik hier
4. Snoek oor die kole vir Sondagaand
Daar is min dinge so lekker soos snoek wat stadig oor die kole gebraai het, met lepels vol botter, knoffel en konfyt. Maar daar is altyd iets oor ná die groot kuier. Een van my gunstelinge vir Sondagaand se ete is snoekkoekies. Dis geurig en baie vullend. Klik hier vir my resep. (Jy kan die gerookte snoek vervang met oorskietsnoek.)
5. Bolognaise word herderspastei
Hierdie gereg kom maak dikwels ’n draai op my tafel, want ek maak gereeld bolognaise in oormaat. Bak die bolognaise onder ’n wolksagte kombers van kapokaartapples – jy kan dit ook van blomkool maak as jy stysel vermy. Dis maklik en vullend. Ek reken jy gaan hoop daar is meer oorskiet-bolognaise as jy eers dié een geproe het. Klik hier vir my resep.
Lekker kook
Herman Lensing
The post Gister se kos, vars vandag! appeared first on SARIE.
Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. In die hart van die winter is die gryse see die heel mooiste. Of jy nou oor die oseaan tuur of net droom oor vakansietye op die strand, kom kook saam met ons uit die see.
Dek jou tafel só
Vir idees oor hoe om jou see-geïnspireede #SARIESondag tafel te dek koop die nuwe uitgawe van SARIE KOS wat nou in die winkels is:
1. Maklike plan vir ’n sondak
2. Papiersakkies vir jou eetgerei
3. Papiervissies as dekor
Laai jou spyskaart HIER af
Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons reeks.
Blaai deur die galery vir die resepte vir jou #SARIESondag.
Seekos
24 steurgarnale, 600 g baba-calamari-buise en/of -voelers, 30 heel mossels, baard verwyder, 800 g snoekfilet, vars of bevrore
Suiwel
250 ml room, 400 g botter, 125 ml melk, 3 eiers
Kruie en geur
15 ml vars gemmer, 1 sitroengras-stingel, 1 rooi brandrissie, 10 ml gedroogde origanum, 2 groen brandrissies, 30 ml koljander, 15 ml tiemie, 5 ml fyn kaneel
Vars vrugte en groente
slaaiblare van jou keuse, 2 uie, 7 klein patats, 4 suurlemoene, 6 knoffelhuisies
Ander
140 g (250 ml) koekmeel, 6 snye witbrood, 1 x 10 g-pakkie kitsgis, 500 g (875 ml) broodmeel, 90 ml olyfolie, 250 ml witwyn, 45 ml heuning, 520 g bruinsuiker, 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel, 30 ml bakpoeier, 60 ml appelkooskonfyt
Bamboes-kebabstokkies, botter, melk, eiers, sout en peper, olyfolie, olie vir diepbraai, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, koekmeel, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, koekmeel, versiersuiker
The post #SARIESondag – deelkos met seekos appeared first on SARIE.
Met dié week se #SARIESondag kuier ons lekker. Die moeitevrye spyskaart is spesiaal saamgestel vir ’n ontspannende dag met vriende en familie. Nooi jou mense en sit maklike geregte voor wat jy vooraf kan klaarmaak sodat jy die dag saam met jou kuiergaste kan geniet.
Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag
• Indien jy ver van die see af woon en bevrore seekos gebruik, moet dit stadig ontdooi – soos oornag in jou yskas.
• Dis nie altyd nodig om jou brooddeeg vir stokbrood self te maak nie, jy kan ook winkeldeeg jy jou supermark koop. Die geheim is om dit goed te laat rys voor jy die brood braai.
• Seekos vra min bestanddele. Hou jou geure eenvoudig en laat die seekos se smaak die praatwerk doen.
• Onthou om seekos uit volhoubare bronne te koop. Kies altyd vis op die groenlys. Om seker te maak jy koop op die regte lys kan jy die naam van die vis SMS na 079 499 8795 .
• Sorg dat daar ander opsies ook op jy spyskaart is vir die gaste wat nie vis eet nie.
Wat is op die spyskaart? Lees hier!
Laai jou spyskaart HIER af.
The post Wenke vir #SARIESondag – deelkos met seekos appeared first on SARIE.
As jy ook van vis-en-tjips hou soos ons hier by SARIE, is vandag die dag waarop ons dié lekker bederf vier. Ja, jy het reg gelees, ’n hele dag waar ons hierdie trooskos kan geniet sonder skuldgevoel.
Omdat ons so baie van die Britse kombinasie hou, het Herman en Barbara mekaar uitgedaag om te sien wie maak die lekkerste vis-en-tjips! Ons het kosblogger Anel Potgieter van Life is a zoobiscuit gekry om te help kies!
Om twee formidabele kokke soos Barbara Joubert en Herman Lensing se vis en skyfies te proe en te beoordeel is nie net intimiderend nie, maar ook senutergend vir ’n gewone mens soos ek. Daarom het ek besluit om my 83-jarige ma, Babs, met haar handsak vol blou, geel en wit pilletjies saam te sleep na die Groot Kook in die Kaap – vir emosionele ondersteuning, ja, maar ook sodat sy vir my een van daardie blou pilletjies kan injaag as my senuwees knaag, sê Anel.
BARBARA
Sy hou by die tradisionele manier van vis en skyfies maak, het Barbara besluit. Sy het haar stokvis in eier gedoop en in meel gerol, en toe in kanola-olie gebak. Haar aartappel-skyfies het sy dik gesny, in die oond gebraai en met ’n bietjie Maldon-sout gegeur. Die vis en skyfies is voorgesit met die heerlikste dik tartaarsous*, wat ’n perfekte balans tussen sout en suur gehad het.
HERMAN
Natuurlik sal Herman niks op die konvensionele manier doen nie. Vir sy vis het hy ’n doopbeslag van meel, bruismeel, boetiekbier en vodka gemaak. Ja, vodka! Soos Herman verduidelik: “Die vodka geur nie net die viskors nie, maar verdamp ook dadelik en verseker dat die beslag heerlik bros braai.” Hy het sy skyfies ’n bietjie dunner as Barbara s’n gesny en dit in eendvet in die oond gebraai.
FOTO Micky Hoyle
Herman se gebakte vis
genoeg vir 4
• sonneblomolie vir diepbraai
• 200 g (360 ml) koekmeel
• 200 g (295 ml) rysmeel
• 5 ml bakpoeier
• 30 ml heuning
• 300 ml vodka
• 300 ml bier
• sowat 1 kg vars stokvis
• sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olie in groot pot tot warm. Terwyl olie warm word, maak bierbeslag só: Plaas meel, rysmeel, bakpoeier en heuning in groot mengbak. Voeg vodka en bier by. Meng vinnig met draadklitser tot glad. Geur vis weerskante baie goed met sout en peper. Doop stukke vis in beslag en diepbraai 10 – 12 minute in warm olie of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en sit voor met warm tjips en sous.
Tjips
• 6 groot aartappels, geskil
• 500 ml eendvet
• sout en varsgemaalde swartpeper
Sny aartappels in skywe van 1 cm dik en sny dan elke skyf in tjips van so 1 cm breed. As jy vir Gordon Ramsay gelukkig wil hou, moet jy sorg dat elke tjip perfek gesny is, maar in Herman se kombuis gaan dit oor lekker eet en liefde, en daarom verskil sy tjips van mekaar! Bring pot met water tot kookpunt en gooi tjips in. Laat kook 2 minute. Dreineer dadelik en versprei eweredig op bakplaat sodat dit kan afkoel. Verhit eendvet tot baie warm in middelslag-pot. Voeg afgekoelde tjips by en braai 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Geur met sout en peper.
Hou warm in lou oond.
MEER AVONTUURLUSTIG…
Die viskors van Herman se moderne boetiekbier-en-vodka-vis was lieflik opgepof en bros en die vis was heerlik sappig. Mense wat van dunner skyfies hou, sal gaande wees oor Herman se ryk, eendvetgebraaide aartappelskyfies.
Barbara se gebakte stokvis
genoeg vir 4
• sowat 1 kg vars stokvis
• sout en varsgemaalde swartpeper
• kanola-olie om vis in te bak
• sowat 140 g (250 ml) koekmeel
• 6 eiers, geklits
Sny stokvis in 8 porsies. Geur elke porsie met sout en peper. Gooi kanola-olie sowat 2 cm diep in ’n pan en verhit tot matig warm. Gooi meel in ’n plat bakkie. Gooi eiers in ’n bakkie. Bedek vis goed met meel en skud oortollige meel af. Doop dan in geklitste eier en plaas versigtig in olie. Braai tot goudbruin aan een kant en draai versigtig om. Braai tot goudbruin aan ander kant. Dreineer op kombuispapier. Sit vis voor met eier, tjips en tartaarsous.
EN DIE WENNER IS…
Ná al die geproe (en ’n blou pilletjie), moet ek sê ek het Barbara se bord verkies. Die vis was perfek gegeur en gaargemaak, en ek het nou maar eenmaal ’n voorliefde vir dik, krakerige aartappelskyfies. Barbara se tartaarsous was uitsonderlik lekker en haar bygereg van oorskiet-eier saam met die vis het my ook beïndruk.
The post Vis-en-tjips-dag: Herman vs. Barbara se resep appeared first on SARIE.
Die Amerikaners maak graag sulke klein hamburgers. Dis baie vullend.
GENOEG VIR 8 – 10
• 45 ml olyfolie
• 2 uie, grofgekap
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 20 ml heel komyn
• 1 groot varkboud van 1,5 kg
• sout en varsgemaalde swartpeper • 60 ml gerookte paprika
• 250 ml tamatiepuree
• 1 x 340 ml-bottel bier (lager of ale) • 3 lourierblare
• 10 klein broodrolletjies
• 10 groot agurkies, in skywe gesny • slaaiblare van jou keuse
Aand voor kuier Verhit oond tot 100 °C. Verhit olyfolie in groot oondvaste pot met deksel. Voeg uie, knoffel en komyn by en roerbraai 5 minute of tot geurig. Plaas varkboud bo-op uiemengsel. Geur boud goed met sout en peper. Sprinkel paprika oor boud. Gooi tamatiepuree en bier oor. Voeg lourierblare by en maak pot toe. Plaas in oond en laat oornag om gaar te word, of vir minstens 8 uur. Sit só voor Haal gaar boud uit pot en gebruik twee vurke om boudvleis in dun rafeltjies te vlok. Voeg genoeg potsous by tot mengsel lekker klam voorkoms het. Proe en pas geurmiddels aan. Halveer broodjies en rooster in warm pan tot gesnyde kant bros is. Verdeel agurkies en slaaiblare tussen broodjies. Skep hope van die vleis bo-op en sit boonste deel van broodjie bo-op. Sit voor met yskoue bier.
The post Oornag-vark-sliders appeared first on SARIE.
Skop jou winterete af met hierdie voortreflike sop. Jy sal gou agterkom appel en pampoen smaak eersteklas saam.
GENOEG VIR 6 – 8
• 45 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 15 ml vars gemmer, fyngerasper
• 1 ui, gekap
• 1 kg pampoen, in blokkies gesny • 15 ml origanum
• 350 ml appelbier
• 350 ml hoenderaftreksel
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 5 ml fyn kaneel
• sout en varsgemaalde swartpeper • brood vir voorsit
Verhit olyfolie in ’n middelslag-pot. Braai knoffel, gemmer, ui en pampoenblokkies 5 – 8 minute. Voeg origanum, bier en af- treksel by. Verlaag hitte en laat 10 – 15 minute stadig kook of tot pampoen sag en pap is. Voeg brandrissie en kaneel
by en verwerk tot gladde mengsel in voedselverwerker. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor met brood.
The post Pampoen-en-appelbier-sop appeared first on SARIE.