• 3 snye wit- of bruinbrood
• hand vol pietersielie
• 50 okkerneute
• 125 g sagte botter
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 1 vryloop-hoender
• sap van 1 suurlemoen
Rooster die brood. Die rede hoekom ek dit doen, is omdat vars brood nie goed werk as jy broodkrummels wil maak nie. Plaas pietersielie en okkerneute in ’n voedselverwerker en kap fyn. Breek roosterbrood in stukke en voeg by in voedselverwerker. Kap fyn. Voeg sagte botter by en meng goed. Geur met sout en peper. Maak die vel op die borskas van die hoender los deur saggies met jou vingers van die agterkant te werk (nie die nek se kant), soos ’n sakkie wat jy oopdruk. Werk maar versigtig, die vel moenie skeur nie. Druk die vulsel bietjie vir bietjie in en vou dan die vel by die opening toe. Bind die hoender se bene vas met tou. Plaas in oondroosterbak en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout en peper.
The post Geroosterde hoender met broodkrummel-en-pietersielie-vulsel appeared first on SARIE.