Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Kerskoekie-huis

$
0
0

Kry die kinders in die kombuis en bak lebkuchen, die tradisionele Duitse Kerskoekie met sy delikate speserygeur. Versier dit met mooi patrone en bou saam ’n sprokieshuis!

koek

  • 360 g (360 ml) heuning
  • 740 g (925 ml) sagte
  • bruinsuiker
  • 200 g (220 ml) ongesoute
  • botter
  • 4 eiers, geklits
  • 60 ml suurlemoensap
  • skil van 1 suurlemoen
  • 20 ml gemengde speserye
  • 10 ml fyn gemmer
  • 1,5 kg (2 680 ml) bruismeel

Versiersel

  • 130 g (250 ml) versiersuiker
  • 1 eierwit
  • sap van 1 suurlemoen
  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 80 ml water

Bak so

Verhit oond tot 180 °C. Smelt heuning, suiker en botter. Verwyder pot van plaat en laat afkoel. Klits eier, sap en skil saam. Meng droë bestanddele in mengbak, voeg eiermengsel by en meng deur. Gooi genoeg van die heuningmengsel by vir ’n sagte koekiedeeg. Laat rus in yskas vir 20 minute. Verdeel deeg in 6 ewe groot dele. Plaas 6 velle bakpapier op werkvlak en sprinkle met koekmeel. Rol elke stuk tot 5 mm dik uit op bakpapier. Sny twee van elke paneel (patron op SARIE.com) uit die deegstukke. Trek die velle papier met deeg op ’n bakplaat en bak vir 10 – 15 minute of tot goudbruin. Herhaal tot al die panele van die huisie gebak is en laat afkoel.

1. Sif versiersuiker twee keer in groot mengbak. Voeg eierwit en suurlemoensap by. Meng goed tot stywe versiersel – dit moet sagte punte vorm wanneer jy dit skep.

stap 1

stap 1

 

2. Skep versiersel in spuitsak met 1 mm-tuit. Spuit na willekeur patrone op die panele – jy kan ook lekkergoed en ander koekversiersels op die panele plak soos jy verkies. Laat staan vir 1 uur sodat die versiersel droog word.

stap 2

stap 2

3. Plaas suiker en water in pot en bring tot kookpunt. Laat kook tot goue karamelstroop vorm. Moenie roer nie. Verwyder van hitte en werk baie versigtig. Doop die kante van die twee sypanele in die warm karamel en plak dit vas aan die ooreenstemmende kante van die voorste paneel. Herhaal met die agterste paneel.

Stap 3

Stap 3

4. Skep ’n klein bietjie warm karamel op die bo-rande waarop een dakpaneel moet rus. Plaas dakpaneel bo-op en hou vas tot hard. Herhaal met ander kant. Laat staan 10 minute. Plaas versigtig op houtbord en sif versiersuiker oor.

 

Stap 4

Stap 4

The post Kerskoekie-huis appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!